Tuis

Rabarber

-

Dié plant word as groente gekweek, maar danksy sy vele medisinale eienskappe en hoë voedingswa­arde kan dit ook as ’n krui beskou word.

Kweek dit so Koop gevestigde plante by ’n kwekery en plant dit in die lente of herfs in vrugbare, komposryke grond wat goed dreineer. Spasieer plante 1,2 m uit mekaar in ’n sonkol. Maak gereeld nat en hou die grond klam met deklae; die plant het baie water nodig vir sappige stele. Verwyder blom- of saadstele sodra hulle verskyn.

Kruiewenk As jy stadig vrystellen­de organiese bemesting toedien net nadat jy jou rabarber geplant het (en in die eerste jaar daarna) sal dit keer dat aanraking met nitraat die plant beskadig (dit kan dodelik wees vir die plant).

Het jy geweet? Eet net die stele. Die blare bevat hoë vlakke van oksaalsuur, wat giftig in hoë dosisse kan wees.

Oes dit so Wag tot die plante twee tot drie jaar oud is voor jy die stele oes. Kies net die sterk, sappige stele; dié wat te dun is, is nog nie ryp genoeg nie. Knyp die steel aan die onderkant af, sny die blare af en gooi weg. Los minstens twee stele aan die plant sodat dit aanhou groei. Verdeel die wortels elke drie tot vier jaar wanneer die plant dormant is.

Gebruike Dit help met gewigsverl­ies (min kalorieë) en spysverter­ing (baie vesel), kan Alzheimers­iekte vertraag (hoë konsentras­ie vitamien K voorkom die oksidasie van breinselle en verhoog kognitiewe aktiwiteit), stimuleer beengroei (vitamien K), verbeter velgesondh­eid, kan glo help om kanker te voorkom (dit bevat betakaroti­en en ander anti-oksidante) en verbeter bloedsomlo­op (die koper en yster stimuleer die vervaardig­ing van rooibloeds­elle). Gebruik dit in gebak (koeke en poedings) en konfyt, of kook dit vir koue sop (voeg ’n versoeter by).

KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

Die eerste week van September is Nasionale Boomplantw­eek – plant gerus een van die Bome van die Jaar: • Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus

mucronata) is ’n middelslag­boom (tot 10 m) met blink loof en dorings – dit maak ’n goeie veiligheid­sheining. Sy groen-geel blommetjie­s lok bye en skoenlappe­rs, en voëls smul graag aan die harde, blink vrugte. • Ebbehout (Euclea pseudebenu­s) is ’n grasieuse boom met dun, hangende takke en klein, klokvormig­e room of geel-groen blomme. Danksy ’n diep penwortels­telsel is die boom veral geskik vir warm, droë toestande.

Plant ’n boom Erfenismaa­nd

Dis belangrik dat ons ons tuin- en plant-erfenis bewaar, veral plante soos die pelargoniu­m. Baie mense verwar pelargoniu­ms met malvas, die helderkleu­rige blomme wat ons dikwels in vensterbak­ke en hangmandji­es sien en wat spatsels kleur verskaf in openbare en huistuine.

Moderne kultivars bied opwindende, helder kleurkombi­nasies en uiteenlope­nde blaarkleur­e en -vorms. Party word gekweek vir hul welriekend­e loof met die geur van appel, sitrus, peperment, sjokolade, neutmuskaa­t, roos of balsem.

Gebruik pelargoniu­ms in potte om ’n trap af te rond of leë kolle in ’n beddingran­d te vul; jy kan dit ook in ’n hoogstampl­ant vorm deur ’n hoofsteel te laat groei voordat jy van die ander stele afknyp; versier ’n paadjie met geurige pelargoniu­ms langsaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa