Tuis

Ludwig se rooshoekie

Die rooskenner Ludwig Taschner gee wenke vir vingersnoe­i en sê hoe jy jou grond se gehalte kan verbeter.

-

V: Ek het ’n agapant wat tussen my ‘Knysna’rose groei, maar die rose sukkel taamlik met dopluise en vaar nie baie goed nie. Is die agapant die skuldige?

Rose sukkel gewoonlik om mee te ding met plante wat ’n vlakker wortelstel­sel het, want daardie plante absorbeer die voedingsto­wwe en water voor dit by die rose se wortels uitkom. En wanneer van die roos se blare in die skadu van ’n ander plant groei, word fotosintes­e weens die gebrek aan sonlig onderdruk sodat die wortels nie genoeg voeding kry nie en wyer en dieper moet groei op soek na water en voeding. Grawe die agapant uit, asook enige ander plante wat die roos se groei belemmer; dit sal outomaties die grond belug en help dat water tot by die roos se wortels deurdring.

V: My rose blom pragtig in Oktober, maar lewer nooit dieselfde vertoning gedurende die res van die seisoen nie.

As jy hibriedtee- en Antico Moderno-rose in September vingersnoe­i, sal dit hul vertoning in Oktober verbeter en blomme vir die res van die blomseisoe­n verseker. Tydens ’n vingersnoe­i verwyder jy die punte by ’n derde van die blomlote (as daar 15 stele is, knyp jy vyf punte af). Dit moedig ook nuwe basale lote aan, wat jou met meer en mooier blomme sal beloon. Omdat die blomknoppe aan die struik nie almal op een slag uitloop nie, kom jy nie in die versoeking om al die blomme te pluk nie, en dit verminder wortelstre­s. Knyp die punte af tussen jou duim en voorvinger. Binne ’n week sal die rooipers blare groen verkleur en die heel boonste oog sal weer uitloop. As jy twee nuwe stele wil aanmoedig om op een steel uit te loop, knyp jy die boonste drie of vier blare af.

 ??  ?? ‘Knysna’
‘Knysna’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa