Tuis

Verbeter jou grond só

-

Weens die droogte in groot dele van die land het baie rose semi-dormant geword. Met die nuwe seisoen sal hulle oorgehaal wees om te begin blom. As jy nog nie jou grond verbeter het nie, maak nou so sodat water die wortels maklik kan bereik.

Hoekom is goeie grond belangrik? Plante het minerale, suurstof, water en sonlig nodig om te groei. Die grond is die medium waar dit alles verwerk word deur mikro-organismes – en hoe meer van hulle daar in jou grond is, hoe beter.

Die drie soorte grond Klei is taai en dreineer swak; sanderige grond is los en dreineer vinnig; leem, ’n mengsel van klei en sand, wissel van tuin tot tuin.

Verbeter die gehalte van die grond deur humus (gedeelteli­k ontbinde organiese materiaal) by te voeg – dit verbeter die tekstuur van klei- én sanderige grond, sorg vir beter dreinering en absorbeer en behou die nodige vog en voedingsto­wwe wat die wortels voed: • Vir die beste resultate, werk minstens 30% organiese materiaal in. Werk met gelyke dele grond, sand en organiese materiaal. • Versprei die organiese materiaal oor die bedding en dolwe die grond sowat 25 cm diep om sodat dit goed deurmeng. • Maak daarna goed nat.

Die ideale organiese mengsel bestaan uit kompos, mis, basstukkie­s, grondboont­jiedoppe, blare, dennenaald­e, grassnysel­s, veenmos en sonneblomd­oppe. Hoe meer gevarieer die mengsel, hoe beter: Mengsels met deeltjies van wisselende groottes hou langer en het ’n beter uitwerking op die grond se tekstuur.

Ander toevoegsel­s Beenmeel en superfosfa­at moedig wortelontw­ikkeling aan en jy kan albei by ’n organiese mengsel voeg, dit vir ’n week laat lê en dan op die rose gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa