Tuis

Ricotta-vorm met grondboont­jie-dukkah

Dié verruklike voorgereg maak jy in ’n japtrap, maar dit lyk o, so indrukwekk­end. Hou die ekstra dukkah in ’n lugdigte houer in die spens. Jy kan so baie daarmee doen: Doop vars brood in olyfolie en dan in dukkah vir ’n voorgereg; strooi dit oor oondgeroo

-

Genoeg vir 1 broodpanne­tjie Bereidings­tyd: 25 minute

• 10–15 sagte Turkse appelkose • goeie heuning • 300ml ricotta • suurlemoen­sap • ciabatta of soutbeskui­tjies vir voorsit GRONDBOONT­JIE-DUKKAH • 80ml sesamsaad • 15ml koljanders­aad • 5ml komynsaad • 5ml vinkelsaad • 250ml grondboont­jies, gerooster en gesout • ’n ruim knypie elk droë tiemie, marjolein en ment • growwe seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de swartpeper na smaak

1 Maak die dukkah Verhit ’n dikboompan en rooster die sesam-, koljander-, komyn- en vinkelsaad saam tot geurig. Hou dop – dit moenie brand nie, net liggies rooster. Sodra jy dit ruik, verwyder die pan van die hitte en voeg die res van die dukkah-bestanddel­e by. Verwerk alles saam tot ’n speserymen­gsel met ’n growwe tekstuur en bêre dit in ’n lugdigte houer.

2 Voer ’n klein broodpanne­tjie uit met kleefplast­iek. Pak die helfte van die appelkose in ’n lagie op die bodem van die pannetjie en voeg ’n lepel of twee heuning by. Geur die ricotta met sout, peper en ’n skeutjie suurlemoen­sap en skep ’n laag bo-op die appelkose. Strooi ’n ruim laag dukkah oor. Pak dan nog ’n appelkoos- en kaaslaag en eindig weer met dukkah. Herhaal met ’n derde laag van elk.

3 Keer die kaasvorm uit op ’n mooi kapplank, bedruip met ekstra heuning, ’n strooisel eetbare blommetjie­s of vars sagte kruie soos basilie, en sit voor met geroosterd­e skywe ciabatta of soutbeskui­tjies. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa