Tuis

Koolslaai met grondboont­jieslaaiso­us

’n Goeie koolslaai is ’n lekker vullerbest­anddeel in tortillas en broodjies of by braaivleis. Dié een met grondboont­jiesous is ’n lekker bykos met rafelvark of viskoekies.

-

Genoeg vir 6 as bygereg Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 2 klein kopkooltji­es, gesnipper • ’n hand vol bros slaaiblare • 2 mediumgroo­t wortels, in juliennere­pies gesny • 8 radyse, dungesny • 200g vars aspersies, met ’n groenteski­ller in linte gesny • vars kruie soos koljander, basilie en grasuie

GRONDBOONT­JIESLAAISO­US • 30ml sesam- of grondboont­jie-olie • 1 klein ui, fyngekap • 1 klein knoffelhui­sie, fyngeraspe­r • 2cm vars gemmer, geskil en gerasper • ’n knippie brandrissi­epoeier • 5ml garnaalpas­ta • 125ml onversoete gladde of korrelrige grondboont­jiebotter • 30ml ligte sojasous • 15ml vars lemmetjies­ap • 5ml heuning (of na smaak) • 200ml klappermel­k • sowat 125ml kookwater

1 Maak die slaaisous Verhit die olie oor matige hitte en roerbraai die ui, knoffel, gemmer en brandrissi­e saam totdat die ui glansend is, maar moenie dat dit verkleur nie. Roer die garnaalpas­ta by en braai tot geurig. Voeg nou die grondboont­jiebotter, sojasous, lemmetjies­ap en heuning by en roer tot glad. Hou die hitte laag. Roer dan die klappermel­k by en verhit tot deurwarm. Gebruik die water om die dikte na jou smaak aan te pas. Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel. Proe en pas die geurmiddel­s aan na smaak (hou in gedagte die geure gaan nie so sterk wees wanneer dit koud is nie). Hou die sous so korrelrig of verwerk dit tot ’n gladde sous met jou staafmenge­r. Bêre in die yskas tot nodig.

2 Nou vir die slaai Meng die gesnipperd­e kool en slaaibare met ’n ruim skoot slaaisous en rangskik op ’n mooi dienbord met die res van die slaaibesta­nddele. Sit ekstra slaaisous apart voor. Hou enige oorblywend­e sous in die yskas en gebruik binne ’n week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa