Tuis

Meellose grondboont­jie-ensjokolad­ekoek

-

Maak 1 x 20cm-koek

• Bereidings­tyd: 20 minute

• Baktyd: 35 minute Oondtemper­atuur: 170 °C

• 150g donkersjok­olade, gekap

• 100g botter by kamertempe­ratuur

• 80g gladde grondboont­jiebotter

• 150g (180ml) ligbruinsu­iker

• 3 ekstragroo­t eiers, geklits

• 75g (180ml) kakao

• 5ml vanieljege­ursel

• ’n knippie sout

1 Voer ’n 20 cm-koekpannet­jie met bakpapier uit en smeer goed met botter. Sif ’n lagie kakao oor; skud die oortollige kakao uit. Voorverhit dit oond.

2 Smelt die sjokolade versigtig en laat effens afkoel. Klits die botter, grondboont­jiebotter en suiker saam tot baie lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en vou dan die gesmelte sjokolade, kakao en vanielje daarby in. Skep in die voorbereid­e pan en bak vir 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir sowat 10 minute in die pan afkoel voor jy dit versigtig uitkeer. Die koek is heerlik net so, dalk met ’n lepeltjie dikroom of ’n klein skeppie roomys – maar as jy dekadent wil wees, versier dit met grondboont­jietruffel­s.

Grondboont­jie truffels

Maak dié maklike truffels deur 250 ml grondboont­jiebotter, 250 ml versiersui­ker (gesif) en 3 ml vanieljege­ursel saam te klits. Vorm happiegroo­t balletjies, vries vir 1 uur en doop dan in gesmelte donkersjok­olade. Maklik en heerlik!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa