Tuis

Is jy die Annie Sloaner van die Jaar?

Ná die sukses van verlede jaar se kompetisie is ons terug vir nog ’n ronde. Stuur jou Annie Sloan-projek in – dalk is jy ook ’n wenner!

-

Of jy nou bal-en-klou-erfstukke opkikker, ou stoffering wil mooimaak of ’n doodgewone kas ’n antieke voorkoms wil gee, Annie Sloan Chalk PaintTM is menige selfdoener se eerste keuse.

En danksy ’n immergroei­ende produkreek­s is daar altyd ’n oplossing wanneer jy jou stempel met ’n verfkwas wil afdruk.

Nou is die soektog aan die gang vir die tweede Annie Sloaner van die jaar, aangebied deur Tuis in samewerkin­g met Annie Sloan.

Ons weet Tuis-lesers staan altyd reg met die slimste planne – hier is ’n kans om joune met ons te deel! Neem jou foto’s in goeie lig en stileer die foto só dat dit jou verftegnie­ke ten beste ten toon stel, dan kan ons beter kyk.

SKRYF SO IN

1 Aanlyn by PaintIt.tuis.co.za van 11 September 2017; inskrywing­s sluit op 12 November 2017.

2 Vul op dié webtuiste die inskryfvor­m in en laai voor- en ná-foto’s van jou projek op.

3 Om dit nog makliker te maak, verskaf ons vir jou ’n lys van al Annie Sloan se produkte en kleure. Merk met jou muis watter jy gebruik het, maar maak seker jy dui die regtes aan!

STEM Vanaf 13 November kan lesers vir hul gunsteling stem; kry meer inligting in die Desember-uitgawe. Die 10 projekte wat die meeste stemme kry, dring deur na die finale ronde, wanneer Annie Sloan self die wenner sal kies! Koel, nè?

EERSTE PRYS

• Twee aande se verblyf vir twee, ontbyt ingesluit, by die President-hotel in Kaapstad ter waarde van R9 000; loer by presidenth­otel.co.za;

• R2 500 kontant;

• ’n Annie Sloan-geskenkpak van R3 500;

• ’n Getekende eksemplaar van Annie Sloan Paints Everything.

PLUS Die twee naaswenner­s sal elk ’n Annie Sloan-koopbewys van R1 000 losslaan.

 ??  ?? Kort jy ’n bietjie inspirasie? Besoek PaintIt.tuis.co.za vir ander projekte en kyk ons selfdoen-video’s; of loer by anniesloan. com/inspiratio­n.
Kort jy ’n bietjie inspirasie? Besoek PaintIt.tuis.co.za vir ander projekte en kyk ons selfdoen-video’s; of loer by anniesloan. com/inspiratio­n.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa