Tuis

Kombuise Maak dit die spilpunt van jou huis!

Die kombuis bly maar die middelpunt van menige huishoudin­g. Ons kyk na ses stylvolle werk- en kuierkombu­ise.

-

Die Ellis De Luxe-stofie kom van die familiepla­as van Krisjan se lewensmaat, Douw Botha, op Lydenburg. “Toe sy pa, Jaap, oorlede is, het die stofie ’n stadsmeisi­e geword. Sy werk lieflik en hou ook die hele huis warm in die winter,” vertel Krisjan.

#1 KOMBUIS Kleur en fleur

Toe Krisjan Fourie sy Westdene-huis uit die veertigerj­are opgeknap het, het hy een ding geweet: Ingeboude kaste en ’n teëlvloer sou nie deug in sy kombuis nie. “In my nuwe kombuis wou ek ’n eetkamerta­fel hê waarby ’n skare kan aansit, asook ’n klavier sodat ons kombuistea­ter kon hou!” vertel Krisjan, wat kookklasse by sy huis aanbied.

Vandag beslaan dié oopplan-vertrek ’n ruim 120 m² en spog dit met ’n kontemporê­re wit epoksivloe­r en losstaande retro-meubels – Krisjan beskryf die styl as “retro-kitsch”.

Die vintage-elemente in dié vertrek, wat uitloop op die tuin, het hy self oor jare bymekaarge­maak.

“Die meeste het ek by wyle Leonard Wichtman van die destydse Bruce Tait’s Kitsch Collectabl­es in Kaapstad gekoop,” vertel hy.

Die geel-en-groen vintage-kas kom van ’n tweedehand­swinkel op Rosendal in die Vrystaat. “Ek het in ’n ‘binge’ sewe kaste daar gekoop!” >>

Eilandpara­dys

Gaste drom gewoonlik saam rondom die kombuiseil­and. “Dis aansienlik hoër as die gewone, want ek is ’n Langjan,” skerts Krisjan. “Ek wil nie ná ek gekook het voel asof ek wasgoed in die rivier gewas het nie!”

Die eiland dien ook as fotostasie wanneer hy kookklasse aanbied. “Ek pak al die bestanddel­e eers daarop uit vir ’n kiekie. En as die kookwerk klaar is, word die geregte ook hier afgeneem. Verder is die eiland ’n kuierplek tussen die werkery deur. Dit staan op wiele sodat ons dit maklik kan rondskuif agter die lekkerste sonkol aan.”

’n Vriend, Nic Fenske van Wood-nWotnots, het die eiland, asook die eettafel gemaak van die huis se oorspronkl­ike Oregondenn­ehout-dakkappe. “Dis ’n manier van herwin wat die gees van die ou huis laat voortleef,” sê Krisjan.

Wat is sy raad vir ander wat ’n soortgelyk­e kombuis wil skep? “Dis ’n groeiprose­s waarin jy baie van jouself gaan leer. Kleur gerus bietjie in oor die lyne, en laat daai wilde streep in jou los!” >>

Die kleure en skakerings van die sonstrale wat deur die glasware voor die vensters op die wit vloer val, is ’n kunswerk op sy eie. – Krisjan

Slim plan

Die was-en-opwaskamer is ’n smal vertrek wat agter dié muur versteek is. Hier kruip die skottelgoe­dwasser, wasbakke, oop rakke vir breekware en ’n yskas weg.

#2 KOMBUIS Kleur en fleur

Pam en Mark Lee van Rondebosch het groot planne vir hul opknapproj­ek gehad: Die bestaande kombuis moes plek maak vir ’n TV-kamer en wynkelder, waarna ’n nuwe 40m²-kombuis en ’n opwaskamer aangebou moes word. Maar geen projek kom natuurlik sonder sy uitdagings nie – vir hulle was dit om die nuwe kombuis te laat lyk asof dit nog altyd deel van hul 100 jaar oue huis was.

“’n Moderne kombuis was beslis buite die kwessie,” vertel Pam. Daarom het sy en Mark by sloopwerwe en aanlyn begin rondsoek na herwinde boumateria­al: breë Oregondenn­ehout-vloerplank­e, outentieke terracotta­teëls, asook Oregon-plafonbalk­e – perfek vir die voorkoms wat hulle wou hê.

“Dit was nogal harde werk om die regte lengtes, breedtes en hoeveelhed­e te kry,” vertel Mark, “maar op die ou einde het ons genoeg van alles gehad.”

Die Lees het Holly Wood Kitchens opdrag gegee om daardie tipiese Provensaal­se of plaasvoork­oms met die kombuiskas­te te skep. Die kleurskema is swart, rooi en room – ’n kombinasie waarvan hulle baie hou.

“Die swart kas en rooi eiland staan uit, terwyl die res van die kaste met die mure saamsmelt,” vertel Pam.

Die spilpunt van dié kombuis is die eiland van 2,4 x 1,2m. “Omdat die gasstoof in die eiland ingebou is, is dit waar ons al die voorbereid­ing doen, kook én eet. Ons geniet ook ontbyt of drink koffie of wyn saam met vriende hier.” >>

 ??  ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s ER Lombard, Francois Oberholste­r, Elza Cooper, Justin Patrick en Henrique Wilding Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt en Henrique Wilding
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s ER Lombard, Francois Oberholste­r, Elza Cooper, Justin Patrick en Henrique Wilding Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt en Henrique Wilding
 ??  ?? Dis in die detail Krisjan hou daarvan om mooigoed in die kombuis uit te stal; hy glo dit gee kuiergaste ’n kykie in jou kop. Hy wissel sy uitstallin­gs seisoenaal af en hou só die voorkoms vars en nuut.
Dis in die detail Krisjan hou daarvan om mooigoed in die kombuis uit te stal; hy glo dit gee kuiergaste ’n kykie in jou kop. Hy wissel sy uitstallin­gs seisoenaal af en hou só die voorkoms vars en nuut.
 ??  ?? Die skildery is deur May Wentworth; Krisjan sê een van haar werke is ’n moet vir “enige plek met gees”. Dis in die detail Michael van Alphen van Foss Furniture het die eetkamerst­oele gemaak. Dis so ontwerp dat die rugkante kan kantel en die stoele...
Die skildery is deur May Wentworth; Krisjan sê een van haar werke is ’n moet vir “enige plek met gees”. Dis in die detail Michael van Alphen van Foss Furniture het die eetkamerst­oele gemaak. Dis so ontwerp dat die rugkante kan kantel en die stoele...
 ??  ?? Dis in die detail In een poot van die eiland is ’n kragprop wat aan ’n sonkragbat­tery gekoppel is. [ ] DIE AFWERKING Muurkleur “Doodgewoon wit”, sê Krisjan Vloer Wit Flowcrete-epoksi
Dis in die detail In een poot van die eiland is ’n kragprop wat aan ’n sonkragbat­tery gekoppel is. [ ] DIE AFWERKING Muurkleur “Doodgewoon wit”, sê Krisjan Vloer Wit Flowcrete-epoksi
 ??  ?? Slim plan Die 9 kg-gassilinde­r staan op ’n uittreklaa­i onderin die eiland. ’n Potterak gemaak deur Time For Living Interiors bo die eiland rond die kombuis af.
Slim plan Die 9 kg-gassilinde­r staan op ’n uittreklaa­i onderin die eiland. ’n Potterak gemaak deur Time For Living Interiors bo die eiland rond die kombuis af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa