Tuis

Tuindagboe­k Woeker op jou werf

- Deur Kay Montgomery

Die kombuistui­n

Wêreldkosd­ag is op 16 Oktober, wat beteken dis die perfekte tyd om ’n kombuistui­n te oorweeg. Deur jou eie groente en slaaigewas­se te kweek, het jy die gemoedsrus dat dit nie met chemikalie­ë behandel is nie, die groente proe lekkerder en dis sagter indien dit vinnig groei – werk dus oorgenoeg kompos by die grond in om sterk, gesonde groei aan te moedig en te keer dat die grond te veel water verloor.

Die meeste groente moet gereeld natgemaak word. Waar daar waterbeper­kings van krag is, kan jy water in die grond behou deur enige ontblote grond tussen die groente te bedek met ’n dik deklaag van growwe kompos, basstukkie­s of strooi.

Voed plante met ’n vloeibare bemesting soos Nitrosol, of met Margaret Roberts Supercharg­er, ’n organiese misstof wat plante se weerstand teen siektes help opbou en sterk, gesonde groei aanmoedig.

Wat om nou te plant

Beet, boerkool, broccoli, eiervrug, komkommers, mielies, murgpampoe­ntjies, pampoen, radyse, rissies, seldery, skorsies soetrissie­s, spinasie, spinasiebe­et, sprietuite, stam- en rankboontj­ies, wortels.

Rankboontj­ies, murgpampoe­ntjies, tamaties en skorsies het ondersteun­ing nodig in die vorm van ’n heining, latwerk of houtstrukt­uur. Tamaties Plant saailinge diep in die grond met die boonste vier blare bo die oppervlak; dit moedig ’n sterk wortelstel­sel aan. Ondersteun nuwe groei met ’n draadkeël. Hou die grond koel en vogtig en keer onkruidgro­ei met behulp van ’n deklaag. Maak die wortel-area goed en gereeld nat, maar hou water van die blare af. Kropslaai Kies hittebesta­nde variëteite met oop blare. Maak gereeld nat – dit het vlak wortels en verlep gou in warm weer. In warm tuine moet dit smiddae liefs gefiltreer­de skadu kry. Kruie Plant basilie, komkommerk­ruid, grasuie, koljander, sitroengra­s, Franse dragon, pietersiel­ie, roosmaryn, salie en tiemie. Kweek dit in potte naby die kombuisdeu­r vir maklik pluk. Maak die plante gereeld nat tot dit goed gevestig is, snoei om nuwe, bosagtige groei aan te moedig en verwyder basilie-blomme sodra hulle verskyn.

 ??  ??
 ??  ?? Tuis Werf, ons gewilde spesiale uitgawe wat fokus op alles wat mooi is buite, is nou op die rakke. Dit sluit ’n spesiale groentekal­ender in wat jou presies wys watter groente en kruie jy wanneer moet plant.
Tuis Werf, ons gewilde spesiale uitgawe wat fokus op alles wat mooi is buite, is nou op die rakke. Dit sluit ’n spesiale groentekal­ender in wat jou presies wys watter groente en kruie jy wanneer moet plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa