Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Kleurvol, maklik – en smaaklik verby.

-

Aartappel-en-maalvleisg­ebak Onder R105 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 30 minute • Oondtemper­atuur: 200°C

• 750g bevrore aartappelw­iggies • 15ml olyfolie • 1 ui, gekap • 350g maalvleis

• 1 rooi soetrissie, gekap • 15ml tamatiepas­ta • 2 wiele feta, gekrummel • srirachaso­us en vars basilie

1 Voorverhit die oond. Versprei die aartappelw­iggies in ’n gesmeerde oondbak, geur met sout en peper en bak vir 20 minute.

2 Verhit intussen die olie en braai die ui tot glansend. Voeg die maalvleis by en braai tot goudbruin (breek die vleis deurgaans met ’n spaan op tot korrelrig). Voeg die soetrissie, sout en peper na smaak by, gevolg deur die tamatiepas­ta en ’n skeutjie water. Laat prut vir 15 minute.

3 Draai die gaar aartappelw­iggies ’n slag om en skep dan die maalvleis bo-op, gevolg deur die kaas. Bak vir nog 10 minute. Sit voor met die sriracha en basilie.

Smeerkors-pizza Onder R130 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 30 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

•45 ml songedroog­de tamatie-p est o • 2 blikke (120g) tuna, gedreineer • 100g olywe, ontpit • 200g kersietama­ties, gehalveer • 200g mozzarella, in skyfies gesny • ’n hand vol vars roket

KORS • 250 ml bruismeel • 125 ml melk • 2 eiers • 60 ml olie • knippie gemengde kruie

1 Voorverhit die oond. Klits die korsbestan­ddele saam tot glad en giet dit in ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is (die beslag is redelik loperig).

2 Stip nou halwe teelepels pesto oor die hele kors, strooi die tuna, olywe en kersietama­ties oor en rangskik die mozzarella­skywe bo-op. Bak vir sowat 30 minute of tot goudbruin en gaar.

3 Strooi die roket bo-oor, besprinkel met olyfolie en lê weg. Wenk Speel maar met die bolaag – die enigste kernbestan­ddeel is die kaas!

 ??  ?? Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r
Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa