Tuis

Vra die kenners

Wil jy ou vloere opkikker of ’n klein ruimte beter benut? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Kim Arendse

Die huiseienaa­r Rachelle Esterhuize­n antwoord Joné se vrae: V: Hoeveel bruinpapie­r gaan ek nodig hê? A:

Elke vierkant is min of meer 30 x 30 cm groot. Meet die grootte van jou vertrek en bereken hoeveel vierkante jy sal nodig hê om die hele vloer te bedek.

V: Het jy gewone bruinpapie­r van ’n handwerkwi­nkel gebruik? A:

Ons het velle by my skoonma se slagtery gekry – dis dikker as gewone papier, wat beteken dit skeur nie so maklik nie. Ek is seker jy kan iets soortgelyk­s by ’n skryfbehoe­ftewinkel kry.

V: Hoe het jy dit met die koue lym vasgeplak? A:

Die vierkante is vooraf uitgeknip. Ons het die koue lym met water gemeng om dit loperiger te maak (sowat 2 dele lym en 1 deel water). Meng genoeg om ’n groot, plat bak minstens 1 cm diep te vul – die papier moet plat in die bak kan lê. Daarna het ons die vierkante deur die gom “getrek” om dit heeltemal te bedek – maar pasop, te veel gom kan die papier laat skeur. Jy moet baie versigtig werk.

Toe het ons elke vierkant in die regte posisie op die vloer neergesit en ’n laag gom met die hand bo-oor aangewend. Stryk dit liggies plat om lugborrels uit te werk. Jy kan ook ’n sponsrolle­r gebruik om bo-oor die vierkante te “verf”. Ná so vyf blokke sal jy jou ritme vind, dan kan jy laat waai!

V: Hoe het jy seker gemaak die papier bly in plek? A:

Sodra die hele vloer bedek is, moet dit minstens 24 tot 36 uur ongesteur bly. Ons het seiljagver­nis (Warrior Woodtreat Yacht Varnish) met ’n verfroller bo-oor aangewend om die hele oppervlak te verseël; gee dit 24 uur kans om droog te word voor jy ’n tweede laag aanwend. Die vloer is gereed sodra die tweede laag droog is (nog 24–36 uur later).

Belangrik Die vloer kan nie staande water hanteer nie, maar ek mop my vloere wel sonder probleme. Sit vilt onder stoel- en tafelpote om te keer dat dit skuurmerke maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa