Tuis

Oktober-flitse

-

10 & 11: Meubels, kuns, juwele, silwer- en antieke ware word alles opgeveil op Stephan Welz & Co. se perseel in Constantia. Die publiek kan die lotte van 6 tot 8 Oktober besigtig. Besoek stephanwel­zandco.co.za.

14: Kom geniet die beste kaas, wyn, boetiekbie­r en boerekos tydens die Groot Plaasproe op Sandringha­m naby Stellenbos­ch. Kaartjies kos R80 by Computicke­t. Sien meer by livestock.org.za. November se Tuis is op die rakke! 16:

20 & 21: Tydens die Hamlet-Kuns-enKultuurf­ees op Prince Alfred Hamlet kan besoekers uitsien na lewende musiek, ’n lugvertoni­ng, wynproeë, handwerkst­alletjies en vele meer. Besoek hkkf.co.za.

20–22: Proe die top-wyne van sowat 30 kelders by die Wine on the River Festival in the Robertson-wynvallei. As jy jou naweekpas vroeg koop, kos dit net R250 by

webtickets.co.za. Besoek wineonrive­r.com. 20–22: Kom verkyk jou aan die allermoois­te blomkuns deur lede van die Westelike Provinsie se Blommerang­skikkersve­reniging en geniet tee en middagete in die lieflike tuin van Trovato House, Wynberg. Kaartjies kos R50 elk. Skakel 021 852 2656. 26–28: Doen vanjaar jou Kersinkopi­es vroegtydig by die Nederduits­ch Hervormde Kerk Pretoria-Oos se Kersmark. Skakel 083 259 9510 vir nog inligting.

28 & 29: Kom deel in die vrolikheid en ontdek die bekoring van 11 voorste wynplase tydens die Seisoen van Sauvignon-Fees in die Durbanvill­e-vallei. Kaartjies kos R50–R100 by webtickets.co.za. Vir meer inligting, besoek durbanvill­ewine.co.za. 28 & 29: Moenie die Kaapstadse Internasio­nale Vlieërfees in Muizenberg misloop nie. Kaartjies kos R40. Skakel 021 447 9040.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa