Tuis

Johann en Liesl se huis is nie jou tipiese Kaapse droomhuis met ’n panoramies­e uitsig op Tafelberg nie ...

-

Nee, dié huis sal jy eerder eien aan sy bekoorlike sinkdak en broekieska­nt – ’n onopgesmuk­te Victoriaan­se plaashuis teen Tygerberg se hang.

“Dit is presies wat ons wou hê toe ons die erf in 1994 gekoop het,” vertel Liesl. “Toe ons destyds laat bou het, moes ons spesiale toestemmin­g kry om sinkplate op die dak te gebruik, omdat dit glo nie by die styl van die buurt sou pas nie,” lag sy oor ’n glasie pienk vonkelwyn.

“Johann het op die 1 000 m²-erf reg langs die Frikkie Knoetze-arboretum afgekom terwyl hy een dag daar gedraf het. Ons het die grond vir ’n appel en ’n ei gekry omdat dit nie ’n uitsig op Tafelberg het nie – maar die park met inheemse bome op ons drumpel is vir ons meer werd as ’n uitsig.”

Liesl, ’n musiekonde­rwyseres, het die huis self beplan. Nadat sy ruwe sketse gemaak het, het ’n argiteksvr­iend, Bertie Schreuder, die formele planne opgetrek.

Die huis bestaan uit onder meer drie slaapkamer­s en drie leefkamers wat uitloop op ’n L-vormige stoep agter; dié stoep front noord en het ’n uitsig op die arboretum. Tipies van die Victoriaan­se boustyl maak elke vertrek met dubbeldeur­e op die stoep oop. “As eienaar-bouers het ons destyds stuk-stuk gebou. Johann was self projekbest­uurder omdat hy ’n praktiese aanslag het. Ná omtrent vyf jaar was alles uiteindeli­k kant en klaar,” vertel sy.

Drie en twintig jaar later is die Rheeders steeds dolgelukki­g hier, en is dit veral die stilte en rustigheid wat hulle geniet. “Hier kom gereeld eende en kolganse op ons swembad sit en tarentale loop op die grasperk rond,” vertel Liesl. Eendag sal sy en Johann nog enkele binnemure uitbreek om die uitleg ’n meer moderne, oop plan te gee. >> In die 23 jaar vandat die kombuis (regs) geïnstalle­er is, is net twee goed vernuwe: Die werkblaaie is vervang met Caesarston­e, en nuwe gekleurde knoppe is aangebring aan die kasdeure (party van glas, ander van Carrol Boyes). Liesl is gek oor kleur, vandaar die blou Francis Francis-koffiemasj­ien en pienk Dualit-broodroost­er. Die swartbordv­erf teen die een muur het sy agterna aangebring vir ’n meer speelse voorkoms. Kunswerk teen muur deur David Kuijers

 ??  ?? Nie twee glase is dieselfde nie en hulle kom van oraloor: Spilhaus, Woolworths, @home, oudhedewin­kels – en natuurlik markies in Argentinië.
Nie twee glase is dieselfde nie en hulle kom van oraloor: Spilhaus, Woolworths, @home, oudhedewin­kels – en natuurlik markies in Argentinië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa