Tuis

Toe Wessel Hattingh sowat twee jaar gelede dié “vierkantig­e huis” uit die 1950’s in Meyerton koop as ’n “projek” vir sy vrou, was sy nie oortuig dis ’n slim kopie nie.

-

“Daar was nie veel waarmee ek kon werk wat die argitektuu­r betref nie,” vertel sy. “Boonop was al die afwerkings binne doodgewoon uitgeput.”

Maar eendrag maak mag, meen Marianne, wat die binne-ontwerpsaa­k Lavender & Lilies Interiors bedryf – nie net wat die interieur betref nie, maar ook die ingesteldh­eid van die huis se inwoners.

“Saam het ek en Wessel die bul by die horings gepak. Ek het self die planne geteken en laat optrek deur ’n tekenaar. Opknapwerk het in Maart 2015 begin en teen Oktober daardie jaar kon ons intrek!”

Die huis, wat oorspronkl­ik drie slaapkamer­s en net een badkamer gehad het, het tydens die bouproses ’n en suite-badkamer, TV-kamer, motorhuis en stoep bygekry. En tussen die ses van hulle (honde inkluis) leef hulle die huis vol: In die somer geniet hulle die stoep en vuurput, terwyl die kombuis, eetkamer en TV-kamer in die winter hul sonsoek-gunsteling­e is.

“Met die aanbou van die motorhuis is ’n buitegebou met die huis verbind; hier het ons my kantoor en Wessel se ‘herlaaiple­k’ ingerig.

“Ons is dol oor ons onderskeie ruimtes. Ons het ook ’n heerlike buitevertr­ek wat as stoorplek en mannekamer dien. Daar kan hulle enigiets doen – van biltong hang tot hout saag.” >> Die donkergrys muur anker as’t ware die sitkamer, terwyl die ligte meubels en spatsels groen op die stoele se rugleuning­s kontras verleen.

Groen Palencia Acid-lap van Hertex; protea-lap van Design Team; lang spieëls van Flower & Art Café; grys muurkleur Tribecca Corner en ligter muur Evasive White, albei van Plascon

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa