Tuis

Kontemporê­re baadjie

-

Toe Johan en Amori van Jaarsveld hul geskiedkun­dige huis uit die 1800’s op Graaff-Reinet begin opknap, moes die nuwe aanbouings modern wees. “Ons wou die gemakliker, meer praktiese en moderne industriël­e leefstyl in die nuut aangeboude vleuel hê, maar die nostalgie behou deur middel van ou afwerkings en meubels wat by die ou deel se boustyl pas,” vertel Amori. “Ons wou ons brood aan albei kante gebotter hê!”

As eienaar van The Windmill Junction, ’n oudhedewin­kel op die dorp, is Amori se eerste liefde ou meubels en versamelgo­ed. Die kombuis van sowat 30 m², wat in die nuwe vleuel geleë is, spog dus met geelhoutba­lke en skuifraamv­ensters uit die oorspronkl­ike kombuis. Dit was ook vir Amori belangrik dat die kombuiskas­te nie aan ’n sekere tydperk of styl gekoppel moet wees nie, maar eerder tydloos, met skoon lyne wat die ouer afwerkings komplement­eer.

Dit was vir haar belangrik dat die meubels – meestal uit haar winkel – by die huis moes pas. Die kombinasie van oud en nuut hou ’n spesiale soort “chemistry” vir haar in. Jam Design van Plettenber­gbaai het die kaste volgens die Van Jaarsvelds se voorskrift­e gebou deur die verskillen­de teksture van hout, beton en graniet sorgvuldig te kombineer.

’n Vereiste was baie kuierplek vir die gesin en hul kinders, Nieke (5) en Jua (2), en hul vriende. Daar moes ook genoeg pakplek en kragpunte wees, en ’n ordentlike koffiemasj­ien.

“Die groot eiland is beslis die middelpunt van ons kombuis,” vertel Amori. “Ek wou doelbewus nie enige wasbakke of gasplate daarop aanbring nie, sodat ons dit meer kon benut vir eet en kuier as vir kosbereidi­ng. Dit is baie gesellig om die kuiergaste of familieled­e om die eiland te hê terwyl hier kosgemaak word.”

Sedert ek ’n donkergrys kombuis op Pinterest gesien het, kon ek dit nie uit my gedagtes kry nie. – Amori

 ??  ?? Die kombuis, wat deel van die eet-enleefkame­r uitmaak, loop gerieflik uit op ’n kuierstoep en braaiarea. Metroteëls en ’n laboratori­umwasbak dra by tot die industriël­e gevoel van die kombuis, maar is ook tydloos.
Die kombuis, wat deel van die eet-enleefkame­r uitmaak, loop gerieflik uit op ’n kuierstoep en braaiarea. Metroteëls en ’n laboratori­umwasbak dra by tot die industriël­e gevoel van die kombuis, maar is ook tydloos.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa