Tuis

DIE OPLOSSING

-

Tuis se selfdoenme­dewerker en stilis Shelly Bergh antwoord As ruimte beperk is, is dit belangrik om elke beskikbare sentimeter slim te benut, insluitend die vloer en die mure tot bo teen die plafon. Hier is ’n paar voorstelle:

1

KLEUR EN DEKOR ’n Minimalist­iese Skandivoor­koms met ’n eenvoudige wit palet en titsels grys en natuurlike hout sal goed lyk in enige seunskamer, ongeag hul ouderdom; en só hoef jy nie elke paar jaar die kamer heeltemal te verander nie! Swart elemente in die bykomstigh­ede, soos die stoele en lampe, sal die kamer definisie gee. Verf al die mure en plafon wit en skep ’n aksentmuur met ’n ligte grysblou soos Dulux Quartz Flint 3.

Kies ook wit vir die beddegoed, kas en blinding. Jy kan titsels kleur inbring met hul gunsteling­karakters op bykomstigh­ede soos strooikuss­ings, maar moet liefs nie ’n hele duvetstel koop nie, want te veel helder kleure sal ’n klein kamer net nog kleiner laat voel.

2

BÊREPLEK Indien moontlik kan jy die 2 m breë ingeboude kas verdeel in twee seksies van 1 m, sodat elke seun sy eie ruimte het; voeg twee laaie onder elke seksie in vir ekstra pakplek (sien skets oorkant). Gebruik bêrebokse op die nuwe muurrakke en onder die bed. Hake agter die deur en aan die bed se voetenent sal voorkom dat handdoeke, jasse en skoolsakke op die vloer beland.

3

POSISIE VAN DIE MEUBELS Dis ’n wonderlike idee om te belê in stapelbedd­ens. Ek stel voor jy sit dit in die lengte af langs die aksentmuur met die koppenent teen die muur met die venster. Gebruik swart rakrelings en -stutte om rakke teen die muur langs die deur op te sit. Installeer die rakrelings van die plafon tot die vloer met vyf 30 cm-dennehoutr­akke vir pakplek.

Een van die rakke (min of meer in die middel van die rakhoogte) behoort genoeg plek te hê vir ’n platskerm-TV – maak dit só staan dat albei seuns dit van hul bed kan sien. Die onderste rak kan as lessenaar ingespan word en behoort 60 cm breed en 76 cm hoog te wees; gebruik groter stutte om die ekstra gewig te dra.

Ons stel ook voor jy hang die deur sodat dit na die teenoorges­telde kant (op die kas) oopmaak, anders sal dit voel of die lessenaar en rakke in ’n beknopte hoekie agter die deur weggesteek is. Voeg lessenaarl­ampe by en kies stoeltjies sonder rugleuning­s sodat dit netjies onder die lessenaar kan inskuif wanneer dit nie in gebruik is nie.

’n Mat voor die bed sal lekker sagte sitplek bied vir die kinders om te speel. Vervang die gordyne met ’n eenvoudige wit rolblindin­g wat in die reses van die venster pas; dit sal minder bonkig lyk.

KONTAK shellyberg­h@gmail.com

 ?? 1 ??
1
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa