Tuis

Tuisgebakt­e happies

-

Letitia Mason van Johannesbu­rg skryf Ek bederf my honde graag met koekies, en verkies tuisgemaak­tes bo dié in die winkel. Is daar ’n eenvoudige resep wat nie preserveer­middels bevat nie?

Ilze Fourie van Rogue’s Pawsome Bakery

antwoord Ek bederf graag my Staffordsh­irebulterr­iërs, Rogue en Drago, met koekies en ander happies. Maar Drago het onlangs ’n allergiese reaksie op sekere kosse ontwikkel – hy het begin jeuk en was nie ’n gelukkige brak nie.

Tydens opleiding word Drago beloon met kouhappies as deel van die proses van positiewe versterkin­g en nadat sy allergieë sy opleiding begin beïnvloed het, het ek ander resepte begin beproef.

Dit was ’n uitdaging om ’n kombinasie te kry wat smaaklik en veilig is om te eet. Ná ’n paar probeersla­e het ek besluit op ’n kombinasie van klapperoli­e en grondboont­jiebotter. Klapperoli­e is goed vir jou troeteldie­re se vel en pels, en die bietjie wat ek byvoeg, bring verligting vir Drago se gejeuk.

Die resep hieronder is Drago en Rogue se gunsteling-kombinasie – jy kan dit in die yskas of vrieskas bêre.

Bestanddel­e

• 500 g volkoringm­eel • 100 g hawermout • 2 eiers • ½ koppie growwe grondboont­jiebotter (maak seker dit bevat nie xilitol nie – dis giftig vir diere) • 2 eetlepels klapperoli­e (ongegeur)

Metode

1 Meng die meel, hawermout, eiers en grondboont­jiebotter. 2 Los die klapperoli­e in warm water op. 3 Roer dit by die meelmengse­l in. 4 Roer koue water by tot dit ’n stywe deeg vorm.

5 Rol die deeg uit en sny vorms van jou keuse uit.

6 Bak in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C vir sowat 25 minute of tot bros. KONTAK roguespaws­omebakery.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa