Tuis

Die gesin eet Volstruis-frikkadell­e

-

in growwe tamatiesmo­or Genoeg vir 4–6 mense

BESTANDDEL­E Vir die frikkadell­e

• 15ml olyfolie • 1 rooi ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, fyngedruk • 500g volstruism­aalvleis • 1 bossie vars pietersiel­ie, gekap • 5ml gemengde speserye • 5ml gedoogde rissie • 50g broodkrumm­els • 1 eier • 2ml sout

Vir die tamatiesmo­or

• 15ml olyfolie • 2 wortels, in skywe gesny • 1 prei, in skywe gesny • 1 knoffelhui­sie, fyngekap • 5ml gedroogde rissie • 2 blikke (340g) tamaties • 30ml tamatiepas­ta • 1 blik (340g) kekerertji­es • 250ml beesvleis-aftreksel • 5ml sout • 2 takkies ranktamati­es • 80g parmesaank­aas, gerasper • vars pietersiel­ie, gekap

METODE Begin met die frikkadell­e

1 Braai die ui in die olyfolie tot sag en deurskynen­d, voeg die knoffel by, braai verder en verwyder van die hitte. 2 Sit die maalvleis, gaar uie en knoffel in ’n bak saam met die pietersiel­ie, gemengde speserye, rissie, broodkrumm­els, eier en sout. Meng deur met jou hande en vorm dan balletjies. 3 Sit die frikkadell­e op ’n voorbereid­e bakplaat en verkoel vir 30 minute. 4 Oondbraai die frikkadell­e tot bruin maar nog nie gaar nie.

Maak die sous 1 Braai die wortel, prei en knoffel in die olyfolie tot sag. Roer die rissie, tamaties, tamatiepas­ta en kekerertji­es by. Voeg die aftreksel by en laat kook tot dit ingedamp en verdik is. 2 Sit die frikkadell­e en ranktamati­es in die sous. Kook vir nog 10 minute tot die frikkadell­e gaar is. 3 Sprinkel die parmesaank­aas en pietersiel­ie oor en sit voor saam met heerlike kapok-broccoli.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa