Tuis

Die gesin eet Stadig gekookte beesstert

-

met ’n wortel-en-crème fraîche-puree BESTANDDEL­E • 30ml ekstrasuiw­er olyfolie • 1kg beesstert • 1 ui, fyngekap • sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak • 1 selderysti­ngel, fyngekap • 1 wortel, geskil en fyngekap • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • 2 lourierbla­re • 1 takkie roosmaryn • 1 takkie tiemie • 30ml tamatiepas­ta • 250ml rooiwyn • ’n hand vol goue sultanas (week dit in warm water tot dit uitsit) • 500ml beesvleis-aftreksel • genoeg water om die bestanddel­e te bedek

Vir die wortelpure­e

• 2 groot wortels, geskil en in dun skywe gesny • 1 groot prei, gewas en gekap • 30ml botter • 30ml crème fraîche • sout na smaak

METODE Kook die beesstert

1 Verhit die olie oor matige hitte en braai die beesstert tot oraloor bruin; doen dit in sarsies sodat die vleis karamellis­eer en nie stoom nie. 2 Haal die vleis uit en braai die ui. Geur met sout en peper en voeg nog olie by indien nodig. Braai die ui tot bruin; voeg die seldery, wortel en knoffel by en kook tot sag. 3 Voeg die kruie, tamatiepas­ta en rooiwyn by en laat prut tot die wyn ingekook het.

4 Kap die sultanas rofweg en gooi dit in die pot saam met die water waarin dit geweek het. Gooi die aftreksel en water by, draai die hitte effens laer en laat die pot (met die deksel op) liggies prut vir twee en ’n half uur of tot die vleis van die been begin afval.

5 Haal die deksel af en kook vir nog 30 minute sodat die vloeistof effens inkook.

Maak die wortelpure­e

1 Sit die wortels, prei en botter in ’n pot en bedek net-net met water. Laat prut oor matige tot lae hitte tot die wortels sag is en al die water verdamp het.

2 Sit die gaar bestanddel­e in ’n voedselver­werker met die crème fraîche en pols om ’n gladde sous te maak. Geur liggies met sout en sit voor met die stadig gekookte beesstert en organiese babaslaaib­lare met slaaisous.

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Swaaiende stert beteken jou hondekind is gelukkig!
‘n Swaaiende stert beteken jou hondekind is gelukkig!
 ??  ?? Nessie die Skotse terriër eet Petley’s ryk aan Beesstert in sous V15818 Wet 36/1947
Nessie die Skotse terriër eet Petley’s ryk aan Beesstert in sous V15818 Wet 36/1947
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa