Tuis

Die plaas Belmont in die Bedforddis­trik is sedert 1974 in die Moolman-familie.

-

Dis hier waar Ria Moolman deesdae tuinmaak. Waar haar skoonma, Annetjie Moolman, opgehou het, het Ria net aangegaan.

Annetjie het die tuin gevestig en vir 36 jaar daarna omgesien voor sy in 2009 dorp toe getrek het. Henry en Ria het toe Belmont toe getrek en sedertdien is die tuin Ria se verantwoor­delikheid.

“Ek is baie lief vir my skoonma. Sy het my geleer hoe ’n mens hier, ver van alles af en amper in die middel van nêrens, bly. Haar raad was: Kry iets waarmee jy jou goed kan besig hou – en dit is presies wat my tuin doen!” gesels Ria.

Hoewel die tuin gevestig was toe sy dit oorgeneem het, het Ria haar eie stempel daarop afgedruk. Sy het die bestaande uitleg so ver moontlik behou, maar die vooraansig van die huis en dele van die tuin was toegegroei. Dit het Ria oopgesny om meer lig in die huis en tuin te kry, want sy wou van haar voorstoep af die tuin en die pragtige uitsig op die berge en kranse daaragter sien.

Ria het ook die grasperk vergroot, ekstra paadjies van rivierklip­pe gemaak en met verloop van tyd geleer watter plante werk die beste in hul klimaat. Deesdae kweek sy baie van haar struike van steggies en verkoop plantjies vir sakgeld.

“My tuin beteken vir my ontsettend baie. Die lekkerste daarvan is wanneer jy ’n projek aanpak en dit volgens plan verloop – dan kan jy terugstaan en jou handewerk beskou. En dan weet jy jou arbeid was die moeite werd. Elke jaar is die Bedford-tuinfees vir my ’n hoogtepunt. Dis een groot vreugde en die hele gemeenskap vind baat daarby. Mense van heinde en ver kom besoek ons tuine en waardeer dit saam met ons. Dis heerlik om jou harde werk met besoekers te deel en dit motiveer my om met passie daarmee vol te hou!” >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hangmandji­es met petunias, beddingbeg­onias en baardangel­iere hang teen die sinkmuur van die rondawel se “boskombuis” waar gaste in die jagseisoen tuisgaan.
Hangmandji­es met petunias, beddingbeg­onias en baardangel­iere hang teen die sinkmuur van die rondawel se “boskombuis” waar gaste in die jagseisoen tuisgaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa