Tuis

Die formele roostuin

-

Waar die formele roostuin vandag is, was voorheen ’n ou kleitennis­baan. Dit is omgeploeg, waarna baie kompos ingewerk is.

“Ons het gedink dis ’n goeie plek vir die roostuin, want rose hou mos van kleigrond,” gesels Barrie. Die roostuin is in vier kwadrante verdeel wat met graspaadji­es verbind word. In die middel is ’n groot fontein as fokuspunt. “Skaal en proporsie is belangrik wanneer jy ’n fokuspunt kies. Sy grootte moet pas by die plek waar dit staan.”

Elke kwadrant, omraam met netjies gesnoeide heinings van Buxus ‘Faulker’, is met plaveisten­e in drie verdeel. In die derde naaste aan die fontein is rooi rose geplant. In die middelste derde is die kleur versag met skakerings van pienk, terwyl geel en appelkoosk­leurige rose die buitenste derde vul.

Al die blokke het floribunda-rose aan die buitekant en hibried-teerose in die middel vir hoogte. Saam met die rose in elke omheinde kwadrant groei groepe weduweetra­ne met hul oorvloed blou blomme en ’n mat van wit heuningblo­mmetjies (Lobularia maritima).

Om haar rose so geil te laat blom, gee Barrie hulle twee keer per week suiwer bergwater; sy strooi ook ’n deklaag van ou lusern oor die grond en volg ’n spuitprogr­am.

Wanneer sy rose plant, voeg sy Mycoroot by; dit voed die grond en verbeter wortelfunk­sie. Verder bemes sy die roosbome elke ses weke en kry dit twee keer ’n seisoen tuisgemaak­te kompos.

“Ek ken nie al die rose in die roostuin se name nie, want oor die jare het ek al soveel vervang en ongelukkig nie die etikette gehou nie! Maar ek het my gunsteling­e: ‘Roberto Capucci’, ‘Molineux’, French Panarosaku­ltivars en ‘The Prince’, ’n pragtige en geurige David Austin-roos.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa