Tuis

Rose in die huis

-

Tradisione­le plukrose is hibriedtee-kultivars, maar deesdae kry ’n mens massas ‘My Granny’-rose in menige tuin – en hulle dra die mooiste trosse blomme wat pragtig oor ’n vaas se rand sal tuimel. Maak gebruik van die oorvloed rose wat nou blom, byvoorbeel­d in informele rangskikki­ngs, deur die blomme in ’n bak water te laat dryf of deur rose een-een in ’n ry bottels staan te maak.

Plukwenke

• Jy kan rose enige tyd van die dag pluk, mits jy die stele dadelik in ’n emmer vlak water sit; dit verhoed dat lug in die stele opgesuig word. Lug in die stele keer dat die roos water opneem; dan verlep die blom. • Moenie te gereeld te veel blomme van dieselfde boom pluk nie; dit plaas die wortels onder druk. ’n Maklike riglyn is om nooit meer as die helfte van die blomme aan ’n boom binne die bestek van ’n week te pluk nie. • Blomstele is gewoonlik gevurk. Snoei die steel wat buitentoe groei met sowat die helfte terug en snoei die steel aan die binnekant terug tot teen die hoofsteel. Dan sal daar genoeg loof en blomme van goeie gehalte wees vir die volgende blomvlaag. • Wanneer jy genoeg rose het, vul die emmer met water en sit dit (verkieslik oornag) in ’n koel, donker plek. Sodra die stele en die meeste van die blare met water deurdrenk is, is dit gereed vir ’n rangskikki­ng.

In die vaas

• Sny die punt van die steel met ’n lang, skuins snit af voor jy die roos in die vaas sit. Hoe groter die wond, hoe meer water neem die steel op. • Verwyder al die blare wat onder die waterlyn gaan wees, aangesien dit alge laat groei, wat wateropnam­e belemmer. • Sorg vir balans – die lengte van die blomsteel moenie meer as dubbel die vaas se hoogte wees nie. • Chrysal-plantkos werk beter as asyn en suiker om die blomme se leeftyd te verleng. • Indien jy nie Chrysal by die water gevoeg het nie, moet jy die water elke twee of drie dae vervang.

 ??  ?? ‘Relais & Chateau’
‘Relais & Chateau’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa