Tuis

Gemmerkoek­ies met suurlemoen­skil

-

Jy kan my in ’n wip vang met ’n lekker koekie saam met my koffie. Dié outjies is onbeskaamd dekadent. Maak sowat 12 groot blomvorms Bereidings­tyd: 25 minute, plus 1 uur rustyd Baktyd: sowat 10 minute Oondtemper­atuur: 180 °C • 60g botter, gesmelt • 180ml gouestroop • 200g (360ml) meel, gesif (plus ’n bietjie ekstra) • 5ml koeksoda • 5ml fyn gemmer • 5ml gemengde speserye • 15ml melk • 45ml verglansde sitrusskil, baie fyn gekap • 15ml appelkoosk­onfyt • sowat 100g witsjokola­de, gesmelt

1 Meng die botter en stroop in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en laat vir 10 minute afkoel. Dit is baie belangrik om nie die vuurwarm stroop dadelik by die meel te roer nie, want dit sal die meel “kook” en die tekstuur van die deeg bederf.

2 Sif die droë bestanddel­e saam en roer die stroopmeng­sel, melk en sitrusskil daarby met ’n houtlepel tot glad. Knie die sagte deeg effens op ’n meelbestro­oide oppervlak tot ’n sagte, hanteerbar­e deeg; bedek met kleefplast­iek en laat by kamertempe­ratuur rus vir sowat 1 uur.

3 Voorverhit die oond. Rol die deeg nou met ’n bietjie ekstra meel uit tot so 5 mm dik en sny vormpies uit met ’n koekiedruk­ker. Pak die koekies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Gebruik die punt van ’n houtlepel se steel en maak ’n holtetjie in die middel van elke koekie sonder om heeltemal deur die deeg te druk; vul met konfyt. Bak vir sowat 10 minute of tot goudbruin en bros. Laat heeltemal afkoel en doop hier en daar in sjokolade vir ’n stout ekstra. Laat die koekies in die yskas hard word en bêre in ’n lugdigte houer. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa