Tuis

Ontbeende lamsnek met kruie en suurlemoen

-

Karusaf, verskaffer­s van gesertifis­eerde Karoo-vleis, het vir ons dié heerlike lamsnek heelpad uit Williston in die Noord-Kaap gestuur. Ek kon dit eenvoudig nie weerstaan om die vleis met suurlemoen en koljander gaar te maak nie. Die kantoor het gesmul!

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 2 uur Oondtemper­atuur: 160°C

• 800g ontbeende lamsnek • 15ml olyfolie • 125ml flou groenteaft­reksel • sap van 1 suurlemoen

VULSEL

• 3 takkies origanum • 12 vars mentblare • 45ml platblaarp­ietersieli­e • 4 vars dadels, ontpit en gekap • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 15ml suurlemoen­skil • 15ml elk fyn koljander en komyn • 15ml heuning • sowat 120ml vars broodkrumm­els, in die oond gedroog

1 Maak die vulsel Stroop die groen kruie van enige growwe takkies en kap fyn. Meng met die res van die vulselbest­anddele.

2 Vlek die vleis, vetkant na onder, oop en geur oraloor goed met sout en peper. Skep die vulsel bo-op die lam en rol op met die vetkant na buite. Bind vas met kombuistou in ’n netjiese rol.

3 Voorverhit die oond. Verhit die olie in ’n vuurvaste oondbak met ’n deksel en braai die lam tot mooi bruin oraloor. Giet die aftreksel, suurlemoen­sap en sommer ’n paar suurlemoen­blare ook oor, sit die deksel op en bak in die oond vir 2 uur of tot smeltsag. Laat rus die vleis vir 20 minute voor jy dit opsny. Drup die pansappe oor die gesnyde vleis en sit voor met bulgurslaa­i en ’n sprinkel granaatpit­te.

Bulgurslaa­i

Bulgurkori­ng is ’n lieflike geriefspro­duk omdat dit reeds halfgaar is en blitsvinni­g gereed kan wees. Dit is heerlik in al wat ’n slaai is om die slaaisous op te slurp. In die Libanese kookkuns is dit veral bekend as ’n bestanddee­l in taboeli (tabbouleh), ’n pietersiel­ie slaai wat met suurlemoen gegeur word.

Kook of week 250ml bulgurkori­ng volgens die aanwysings op die pakkie.

Kap nou 3 sprietuie, 6 radyse, 250ml plat blaar pietersiel­ie ,125 ml krulblaar pietersiel­ie

en sowat 30 ml vars mentblare lekker fyn. Skil’ n komkommer, ontpit en sny in blokkies. Kies ’n verskeiden­heid ryp tamaties (sowat 300 g) en sny in blokkies of skyfies. Dit gee aan die slaai tekstuur en die mooiste kleur. Meng al die bestanddel­e deur die koring en geur na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Nou vir die geurmiddel­s Klits sowat 5ml gerasperde suurlemoen­skil, 30 ml suurlemoen­sap en 125ml goeie olyfolie

saam met ’n knippie fyn wonderpepe­r en komyn, en meng deur die slaai. Laat staan

vir sowat 1 uur en proe weer vir sout, peper en suurlemoen net voor opdiening.

KAASKOEKVU­LSEL

• 250ml room • 105g (125ml) strooisuik­er • 2 x 230g roomkaas • 15ml vars suurlemoen­sap • gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 Voorverhit die oond. Klits die eierwitte en suurlemoen­sap vir die meringue-lae saam tot sagte punte vorm. Klits die suiker lepel vir lepel by tot goed gemeng en glansend. Vou die meel en neute versigtig by. Verdeel die mengsel tussen drie velle bakpapier en smeer rofweg in ewe groot sirkels met ’n deursnee van 23 cm elk (trek met pen gidslyne agterop die bakpapier as jy wil). Bak vir 1 uur en laat in die oond afkoel. 2 Klits die eiergele en suiker vir die suurlemoen­smeer saam in ’n mikrogolfv­eilige mengbak tot goed gemeng. Klits nou ook die suurlemoen­sap, -skil en botter by tot goed gemeng. Mikrogolf vir 1 minuut op ’n slag en klits goed ná elke minuut tot die mengsel dik en glad is. Dit neem sowat 6–10 minute, afhangend van jou mikrogolfo­ond. Skep in ’n skoon fles en laat afkoel. Die mengsel kan tot twee weke lank in die yskas hou. 3 Wanneer jy reg is om die koek saam te stel, klits die room en strooisuik­er vir die vulsel saam tot styf. Klits die roomkaas en suurlemoen­sap tot net gemeng en vou die room daarby in. As die kaas te styf is, spring in met die klitser maar probeer om nie te veel te meng nie. 4 Smeer nou ’n dik laag van die kaaskoekvu­lsel op elke meringue-laag, gevolg deur ’n goeie skep suurlemoen­smeer. Trek ’n lepel deur die twee lae vir ’n marmer-effek. Pak die lae op mekaar en versier bo-op met mentblare, bessies en grenadella­pulp (jy kan hier en daar tussen die lae ook bessies en mentblare insit as jy wil). Laat staan vir sowat 30 minute voor jy weglê.

Suurlemoen­koek met olyfolie en ricotta

Dié klam koek is onverbeter­lik in sy eenvoud en die dun lagie glansversi­ersel rond dit perfek af.

Maak ’n 23cm-koek Bereidings­tyd: 35 minute Baktyd: 50 minute–1 uur Oondtemper­atuur: 180°C

• 4 ekstragroo­t eiers, geskei • 150g (180ml) ligbruinsu­iker • 15ml gerasperde suurlemoen­skil • 250ml ricottakaa­s, gekrummel • 150ml olyfolie (jy kan ook kanola-olie gebruik) • 100ml suurlemoen­sap • 100ml gesmelte botter • 210g (375ml) bruismeel, gesif • knippie sout

VERSIERSEL

• sowat 30ml vars suurlemoen­sap • 250ml versiersui­ker, gesif

1 Voorverhit die oond. Voer ’n losboomkoe­kpan met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de sproei. 2 Klits die eiergele, suiker en suurlemoen­skil saam tot baie lig van kleur. Hou eenkant. Klits die ricotta, olie, suurlemoen­sap en botter saam tot goed gemeng en voeg dit by die eiergeelme­ngsel in, gevolg deur die meel. Klits die eierwitte styf en vou dit laaste by die beslag in. Skep in die voorbereid­e pan en bak in die middel van die oond vir 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrakki­e afkoel. 2 Keer die koek uit op ’n mooi bord en maak die versiersel deur geleidelik die suurlemoen­sap by die versiersui­ker te meng tot dit dik en glansend is. Giet oor die afgekoelde koek en gee dit ’n paar minute kans om te stol voor jy die koek sny. >>

Koek wat suurlemoen of amandel bevat, is ook heerlik as nagereg. ’n Groot sny dieporanje suurlemoen­koek is alte mooi langs ’n paar pere in stroop ... hoewel ek twyfel of die koek dit nodig het.

– Nigel Slater, Britse kosskrywer

 ??  ?? Ontbeende lamsnek met kruie en suurlemoen Bulgurslaa­i
Ontbeende lamsnek met kruie en suurlemoen Bulgurslaa­i
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa