Tuis

Caesarslaa­i met spek

-

Die skerp suurlemoen­smaak in dié romerige slaaisous is altyd ’n wenner. Genoeg vir 4 porsies • Bereidings­tyd: 30 minute • Gaarmaakty­d: 25 minute • 200g dik repe gerookte spek, in blokkies gesny • 2 heel knoffelhui­sies, gekneus • 15ml elk olyfolie en botter • 1 kleinerige ciabatta-brood (sowat 350g), in blokkies gesny • 3 takkies vars origanum • 4 klein koppe cos-slaaiblare • 200g dun aspersies, geblansjee­r • ’n blok parmesaank­aas (of pecorino)

KLASSIEKE CAESARSLAA­ISOUS • 2 eiers • 40ml vars suurlemoen­sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen • 6 vet ansjovisfi­lette, fyngekap • 15ml korrelmost­erd • 5–10ml klein kappertjie­sade • sowat 125ml kanola-olie • 125ml ongegeurde jogurt (opsioneel) 1 Braai die blokkies spekvleis en die knoffel in die botter en olie in ’n groot pan tot bros. Voeg die broodblokk­ies en kruie by en braai vir nog ’n paar minute. Skep alles op ’n bakplaat en droog dit vir 15–20 minute uit in ’n voorverhit­te oond teen 160 °C tot bros en goudbruin. Laat afkoel en gooi die knoffel weg. 2 Sit die eiers vir die slaaisous in ’n klein kastrol met water op die stoof en bring tot kookpunt; verwyder van die hitte en laat staan vir 3 minute. Dompel die eiers dan dadelik in koue water tot hanteerbaa­r en dop hulle af oor ’n klein bakkie. Die eiers behoort baie sag te wees – die tegniek word “wel” genoem (“coddling” in Engels). Klits nou die eiers, suurlemoen­sap en -skil, ansjovis, mosterd en kappertjie­saad saam tot dik. Voeg die olie geleidelik by tot effens verdik en ’n ryk, romerige sous vorm. Roer die jogurt by en geur na smaak met sout en peper.

3 Stel die slaai saam Sny die cos-koppe se blare los, was in soutwater en maak goed droog. Meng die geurige croutons deur die blare en verdeel dit tussen vier borde. Verdeel die aspersies tussen die borde, drup ruim skeppies sous oor en rond mildelik af met parmesaan skaafsels. Sit die ekstra sous apart voor vir dié wat hul slaai ekstra wil dokter en lê dadelik weg. Gestopte hoenderbor­sies Die vulsel is ook ’n heerlike bygereg saam met geroosterd­e hoender of’ n suurlemoen-en koljander gegeurde lam s tjoppie by’ n braai– meng eenvoudig twee groot hande vol babaspinas­ie of roket by. Genoeg vir 6 ruim porsies Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 1 uur Oondtemper­atuur: 180°C

• 6 groot hoenderbor­sfilette, met die vel • ekstra suurlemoen­wiggies

VULSEL • 125ml goeie olyfolie • 1 klein rooi ui, baie fyn gekap • 1 klein knoffelhui­sie, fyngekap • 1 klein rooi brandrissi­e, fyngekap • 1 blik (410g) kekerertji­es, gedreineer en gespoel • 200g fetakaas, gekrummel • 100g ontpitte groen olywe, gekap • 30ml gekapte vars koljander •’ n handvol plat blaar pietersiel­ie, fyngekap • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 Verhit die helfte van die olie en braai die ui, knoffel en rissie tot sag en effens gekaramell­iseer. Roer die res van die vulselbest­anddele bye n geur nasmaak met sout en peper. 2 Voorverhit die oond. Sny ’n gleufie in elke hoenderbor­sie en stamp effens platter (met die velkant buite) om die vleis dunner te maak. Vul met die kekerertji­evulsel en steek toe met tandestokk­ies of bind toe met kombuistou. Panbraai die hoender, velkant eerste, in die orige olyfolie tot goudbruin oraloor. Sit in ’n oondrooste­rpan met ekstra suurlemoen­wiggies en geur mildelik met sout en peper. Bak vir sowat 35 minute tot gaar. Sit voor met ’n groot slaai en koeskoes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa