Tuis

3 lekkertes vir later

Van konfyt tot smoor, dié resepte is propvol geur!

-

1 Vrugtige pruimkonfy­t • 700g pruime, ontpit en gekap • 500g Huletts White Sugar • sap van 1 groot suurlemoen • 2 cm vars gemmer, gekap

1 Begin die aand vantevore en meng al die bestanddel­e in ’n plastiekba­k (of enige ander nie-reaktiewe houer soos ’n keramiekba­k) en laat dit staan; dit sal verseker dat die suiker stadig smelt.

2 Sit die mengsel die volgende dag in ’n kastrol en roer oor matige hitte tot al die suiker opgelos het. Kook nou die konfyt oor matige hitte vir sowat 25–30 minute; roer af en toe om te keer dat dit brand.

3 Toets só of die konfyt reg is: Skep ’n bietjie op ’n yskoue piering en toets dit liggies met jou vinger. As die oppervlak rimpel, is dit reg. Skep in gesterilis­eerde flesse en verseël dadelik.

2 Tamatiesmo­or Heerlik op boereworsr­olle! • 15ml olyfolie • 2 mediumgroo­t wortels, fyngekap • 1 ui, fyngekap • 2 soetrissie­s, in blokkies gesny • 1 rissie, gekap • 700g ryp pruimtamat­ies, geskil en gekap • 65ml Huletts SunSweet Brown Sugar • 45ml appelasyn • swart mosterdsaa­d • lourierbla­ar • sout en peper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die wortel, ui en soetrissie­s liggies tot sag en glansend. Voeg die res van die bestanddel­e by en laat prut tot ’n dik smoor vorm. Skep die smoor in ’n gesterilis­eerde fles en laat heeltemal afkoel. Sit dadelik voor. Dit sal tot ’n week in die yskas hou as dit met ’n dun lagie olyfolie bedek is.

3 Vinnige soetsuur atjar • 1 rooi ui, in fyn skywe gesny • 1 bossie radyse, gewas, geskil

en in fyn skywe gesny • 1–2 wortels, geskil en in fyn skywe gesny • 125ml appelasyn • 125ml Huletts Castor Sugar • 80ml kookwater • 5ml elk sout en mosterdsaa­d • 15ml piekelspes­erye • 1 lourierbla­ar

Skep die voorbereid­e groente in lae in ’n warm, gesterilis­eerde fles. Sit die asyn, suiker, water en speserye in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook vir 2 minute en gooi dit dadelik oor die groente. Verseël die fles en laat afkoel. Laat die atjar sowat ’n week in die yskas staan voor jy daaraan begin smul. Dis heerlik saam met burgers en taco’s, asook ’n lekker bykos vir oondgeroos­terde vleis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa