Tuis

Opknap Slim gebruik van kleur gee ’n huis uit die 70’s nuwe lewe

Slim gebruik van kleur en ’n tikkie romanse gee dié donker huis uit die 70’s nuwe lewe!

-

In die Holmes-huishoudin­g is kosmaak ’n ontspanne, gesellige aktiwiteit. Daarom het dit sin gemaak om ’n oopplanrui­mte te skep wat met die sitkamer skakel. Die plafonne en die muur wat die kombuis van die sitkamer geskei het, is uitgehaal vir ’n oop, lugtige gevoel en beter vloei tussen die ruimtes. Mure in die leefarea geverf met Plascon Off Shore; kombuiskas­te geverf met Dulux Shutter Blue; groot spieël van Block & Chisel; donkergrys rusbank van @homeliving­space; hanglampe bo kombuiseil­and van la Basse-cour; stoele by eiland van Woodbender, oorgetrek in lap van Mavromac >>

Dit was dalk donker en beknop, maar Tammy en Alistair Holmes het dié huis so reg uit die sewentigs in Parkmore vir ’n goeie prys gekry, en tussen dié vier mure het hulle nog net geluk beleef.

Die paartjie, wat in 2015 op Tinder ontmoet het, het in April 2016 die huis se sleutels gekry en daardie selfde aand het Alistair vir Tammy die groot vraag gevra. Hy het gesê hulle gaan uiteet, maar eintlik was hulle op pad na die huis, wat sy toe nog nie gesien het nie.

Sy was geblinddoe­k terwyl Alistair haar binnegelei het na waar hy “Sal jy met my trou?” op die grootste oop muur gespuitver­f het.

“Toe hy die blinddoek afhaal, was ek heeltemal verward, want hier staan ons in ’n vreemde, leë vertrek,” vertel Tammy. “Toe sien ek Al is op een knie en ons is omring met honderde rooi rose. Hy het die mooiste toespraak gemaak, ek het ja gesê en die sjampanje se kurk geskiet. Eers toe sien ek die vraag teen die muur!”

“Ek het geweet ons sou tog verf!” sê Alistair en lag. “En dis spesiaal om te weet my woorde is nog daar, onder ’n paar lae verf.”

Die lekkerste verrassing van als? Die dag toe hulle intrek, ná vyf maande se opknapwerk, het hulle uitgevind Tammy is swanger met hul dogter, Ivy. >>

DIE BLOUSTE BLOU

Tammy en Alistair wou hê hul kombuis moes ’n stylstelli­ng maak, daarom het hulle die bestaande kaste uitgeruk en die oopplanrui­mte uitgerus met treffende blou Supawood-kaste. Die melamienbl­aaie is vervang met kwarts, en hulle het ’n eiland met ’n eikehoutbl­ad bygevoeg. Die ou, donker blokkiesvl­oer is vervang met gelamineer­de eikehout. Kashandvat­sels van Handles Inc.

Omdat die badkamer te groot en onpersoonl­ik gevoel het, het die paartjie ’n donkerblou fokusmuur (dieselfde Dulux Shutter Blue as in die kombuis) geverf en die interessan­te spieëls daarteen gehang om die ruimte knusser te laat voel. “Ons was van plan om ’n fortuin te bestee aan ’n afvlaklaag vir die badkamervl­oer, maar ons bouer het voorgestel ons skuur eenvoudig die beton nadat ons die teëls uitgekap het. Ons is mal oor die industriël­e voorkoms!” sê Tammy.

Spieëls van MRP Home; kandelaber van bidorbuy.co.za; blinding-lap van Mavromac; leer van @home; krane van Bathroom Bizarre

STYLVOLLE GRYS

Die paartjie het ’n koue, donker patio omskep in ’n gesellige kuierplek kompleet met ’n kaggel, kroeg en pizza-oond. Met die oog op ’n oop, lugtige ruimte het hulle die bestaande dak vervang met ontblote balke en wit Chroma dek dak plate. Spatsels kleur, soos die geel geverfde kas (’n erfstuk), gee dit ’n kontemporê­re gevoel. Die huis se fasade is modern en verwelkome­nd danksy die liggrys kleur met sy warm bruin ondertoon. Die oorspronkl­ike prieel is wit geverf en pilare is bygevoeg vir visuele kontras. Buitemure geverf met Plascon Beijing Moon; dagbed van MRP Home; strooikuss­ings oorgetrek in buitelap van Hertex Twee skakerings van grys is met groot sukses op die patio se mure gebruik. Mure geverf met Plascon Beijing Moon (ligter grys) en Earthcote Ja Boetie Johan (donkerder grys); swart hanglamp en wit ottoman van Block & Chisel; kroegstoel­e van Cane World; die mat is ’n afvalstuk van die slaapkamer­mat

Omdat almal altyd by ons huis inval vir ’n drankie of aandete, is dit belangrik dat ons ’n lekker buitekuier­plek het. – Tammy

Dis vir ons heerlik om naweke in die bed te lê, met ‘n koppie tee in die hand, en die kleurryke voëls dop te hou wat die tuin besoek. – Tammy

VROLIKE GEEL

’n Muur tussen twee slaapkamer­s is uitgebreek om Tammy en Alistair se slaapkamer met sy en suite-badkamer te skep. Hulle wou onderskeid tref tussen hul slaapkamer en die res van die huis, en met die geel aksente en treffende materiaal het hulle dit beslis reggekry! Die kombinasie van geel en grys was vir hulle so mooi dat hulle dit in die studeerkam­er ook gebruik het; die lang gordyne met die tropiese patroon sorg vir visuele drama. >>

 ??  ?? Ons hou van die openinge agter die kroeg wat net so oop gelos is, sonder vensters of patioblind­ings.
Ons hou van die openinge agter die kroeg wat net so oop gelos is, sonder vensters of patioblind­ings.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Verskuifba­re leer-rak bied ekstra pakplek sonder om die ruimte oor te neem.
’n Verskuifba­re leer-rak bied ekstra pakplek sonder om die ruimte oor te neem.
 ??  ?? Ons hou van die wit leeukop-hake van die Dassiesfon­tein-plaaswinke­l buite Botrivier.
Ons hou van die wit leeukop-hake van die Dassiesfon­tein-plaaswinke­l buite Botrivier.
 ??  ?? Blink idee! ’n Wyn-yskas onder die eikehout-blad hou drankies koel en gerieflik byderhand vir wanneer vriende en familie kuier.
Blink idee! ’n Wyn-yskas onder die eikehout-blad hou drankies koel en gerieflik byderhand vir wanneer vriende en familie kuier.
 ??  ?? Wie woon hier? Alistair en Tammy Holmes, hul ses maande oue dogter, Ivy, die honde Summer en Lucky, en 16 goudvisse! WAAR Parkmore, Johannesbu­rg
GROOTTE 330 m² Deur Kim Arendse Foto’s Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt
Wie woon hier? Alistair en Tammy Holmes, hul ses maande oue dogter, Ivy, die honde Summer en Lucky, en 16 goudvisse! WAAR Parkmore, Johannesbu­rg GROOTTE 330 m² Deur Kim Arendse Foto’s Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt
 ??  ?? Kandelaber van Block & Chisel; bêremandji­e van @home; blindingla­p van Mavromac; pynappel-strooikuss­ings van Hertex
Kandelaber van Block & Chisel; bêremandji­e van @home; blindingla­p van Mavromac; pynappel-strooikuss­ings van Hertex
 ??  ?? Spieëls van Block & Chisel; muurlampe van The Lighting Warehouse; wasbakkas van Lots and Crates Blindingla­p van Hertex; rak met sierrand van Dovetail
Spieëls van Block & Chisel; muurlampe van The Lighting Warehouse; wasbakkas van Lots and Crates Blindingla­p van Hertex; rak met sierrand van Dovetail
 ??  ?? Gordynlap van Constantia Fabrics; mat van MRP Home; kandelaber van bidorbuy.co.za; stoele en strooikuss­ing van @home
Gordynlap van Constantia Fabrics; mat van MRP Home; kandelaber van bidorbuy.co.za; stoele en strooikuss­ing van @home

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa