Tuis

Leserhuis Oopplan en aards met ’n titsel industriël­e styl

Ná baie jare se beplanning aan haar droomhuis het Kowie Pretorius ’n ruimte geskep waar sy en haar gesin kan tuis voel.

- Deur Kim Arendse • Foto’s Marsel Roothman • Stilering Juané Scheepers

Kowie Pretorius het nog altyd geweet hoe haar droomhuis moet lyk – tot op die fynste detail. Toe sy en haar man, Nico, in 2011 besluit om huis te bou, was sy slaggereed, gewapen met meer as 2 000 inspirasie-foto’s.

“Ek wou ’n bietjie van als hê!” onthou sy. “Ons huis moes aards wees met ’n oop plan, ietwat van ’n industriël­e styl en ’n kombinasie van moderne en meer klassieke elemente.”

Op die ou end kon Kowie, ’n prokureur wat nou tuisblyma is, al haar gunsteling­style inwerk by dié huis met sy ses slaapkamer­s en vier badkamers op die Brigadoon-gholflandg­oed net buite Rustenburg, aan die voet van die Magaliesbe­rg. Die oop ruimtes laat natuurlike lig van alle kante af instroom en bied ’n lieflike uitsig op die indrukwekk­ende gholfbaan, die uitgestrek­te veld en majesteues­e berge wat dit omring; uit dié omgewing het Kowie inspirasie geput vir haar aardse palet met skakerings van bruin en grys. Spatsels groen, blou en geel voltooi die prentjie.

Buiten ’n praktiese ontwerp wat gemaklike vloei tussen die onderskeie dele verseker, was die paartjie se hoofdoel om ’n knus gesinshuis te skep met al hul hartsgoed – hetsy geërf, gerestoure­er of herwin.

“Ons kon ons visie hier laat realiseer,” sê Kowie met ’n glimlag. “En ons voel bevoorreg om ’n huis te hê waar ons kinders kan fietsry, boomklim en buite speel, net soos ons in ons kinderdae gedoen het.”

[ ] KOMBUIS

Die kontemporê­re kombuis is Kowie se trots. “Ek het duisende inspirasie-foto’s vir die res van die huis gehad, maar net een vir my kombuis!” sê sy.

Die kombuis het drie dele:

• ’n Eiland van 3,4 x 1,3 m staan sentraal in die oopplanver­trek, wat beteken al die kombuisger­eedskap is byderhand en die gesin kan maklik maaltye saam geniet. • ’n Spens agter die kombuis huisves ’n kruidenier­skas en elektriese toestelle. “Toestelle moenie uitgestal word nie,” sê Kowie. “Dié vertrek is ook die kinders se ‘kombuis’ waar hulle iets kan maak om te eet of kan bak en brou. As hulle nie behoorlik opruim nie, is die bewyse ten minste nie daar vir die wêreld om te sien nie,” sê Kowie en lag. • Die skottelgoe­dwasser en wasbak is weggesteek in die opwaskamer agter die spens. “Omdat daar altyd skottelgoe­d aan die ophoop is, is dié ‘wegsteekpl­ek’ ’n seën!” sê sy.

[ ] INGANG

Dié dubbel volume ruimte i sin die middel van die huis. “Al is die huis nogal groot, kan ons mekaar uit alle uithoeke hoor,” sê Kowie. Die dubbeldeur­e bo lei na Kowie se studeerkam­er.

[ ] BRAAISTOEP

Nadat die mure gepleister en droog was, het Kowie so baie van die rou voorkoms gehou dat sy besluit het om nie te verf nie. Dié ruimte maak oop op die dek en swembad. Die gietyster-muurrakkie is jare gelede by ’n kwekery gekoop.

[GASTEKAMER]

Kowie wou dié vertrek so neutraal moontlik hou; vir tekstuur is die mure behandel met ’n gespikkeld­e bedekking.

Mure bedek in SatinCrete van Cemcrete in die kleur Mercury Grey; gordynlap van Hertex

[HOOFSLAAPK­AMER]

In hul kamer het die paartjie gemik vir ’n eenvoudige dog elegante voorkoms met ’n kombinasie van ou en nuwe meubels. >>

Wat dekor betref, is DeNicke Kowie uitgeknip. “Sy kyk graag na dekorfoto’s op Pinterest,” sê Kowie. Trouens, die 11-jarige DeNicke sê sy was geïnspiree­r deur ’n eilandfoto toe sy haar ma gehelp het om die kamer in te rig. “Die blou verteenwoo­rdig die see, die goue plakkers die son, en die pienk, oranje en geel die pragtige sonsonderg­ange en koeldrank op die strand,” verduideli­k sy.

 ??  ?? Kowie en haar pa, Dawie, het dié sinkplaat-“agtergrond” vir ’n markstalle­tjie gemaak toe haar kinderlinn­e-saak, Gorjuzz Kidzz, nog op die been was. Dit het later ’n kopstuk geword voor dit agter dié lessenaar beland het; Fanus sit belangrike...
Kowie en haar pa, Dawie, het dié sinkplaat-“agtergrond” vir ’n markstalle­tjie gemaak toe haar kinderlinn­e-saak, Gorjuzz Kidzz, nog op die been was. Dit het later ’n kopstuk geword voor dit agter dié lessenaar beland het; Fanus sit belangrike...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Blink idee! Vir ’n laag-op-laageffek het die paartjie ’n wit paneel teen die donker plafon geïnstalle­er.
Blink idee! Vir ’n laag-op-laageffek het die paartjie ’n wit paneel teen die donker plafon geïnstalle­er.
 ??  ?? Die gevoel van ruimte wat die industriël­e trap en hoë vensters skep, is presies wat die paartjie vir hul huis se ingang wou hê. “Daar’s nie ’n enkele hoek van die huis wat nie ’n mooi uitsig het nie!” sê Kowie. Vintage-stoele oorgetrek in lap van...
Die gevoel van ruimte wat die industriël­e trap en hoë vensters skep, is presies wat die paartjie vir hul huis se ingang wou hê. “Daar’s nie ’n enkele hoek van die huis wat nie ’n mooi uitsig het nie!” sê Kowie. Vintage-stoele oorgetrek in lap van...
 ??  ?? Mat van Coricraft; koffietafe­l van Amatuli; hanglamp van Weylandts
Mat van Coricraft; koffietafe­l van Amatuli; hanglamp van Weylandts
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Kowie en Nico Pretorius met hul kinders, DeNicke (11), Fanus (10) en De Villiers (5), en die bassethond­e Emma en Sebastian WAAR Rustenburg GROOTTE 615 m²
Wie woon hier? Kowie en Nico Pretorius met hul kinders, DeNicke (11), Fanus (10) en De Villiers (5), en die bassethond­e Emma en Sebastian WAAR Rustenburg GROOTTE 615 m²
 ??  ?? Kowie het maskeerban­d gebruik om die lyne op die aksentmuur in De Villiers se kamer af te baken, waarna sy die berglandsk­ap met die hand geverf het. Sy het ’n basis van blou verf gebruik en telkens nog bruin bygevoeg vir die verskillen­de skakerings....
Kowie het maskeerban­d gebruik om die lyne op die aksentmuur in De Villiers se kamer af te baken, waarna sy die berglandsk­ap met die hand geverf het. Sy het ’n basis van blou verf gebruik en telkens nog bruin bygevoeg vir die verskillen­de skakerings....
 ??  ?? VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Amatuli 011 440 5065, amatuli.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za Coricraft 011 611 8700, coricraft.co.za CTM 0861 666 649, ctm.co.za EnStyle 056 811 3116 Hertex...
VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Amatuli 011 440 5065, amatuli.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za Coricraft 011 611 8700, coricraft.co.za CTM 0861 666 649, ctm.co.za EnStyle 056 811 3116 Hertex...
 ??  ?? Die badkamerka­ssie was ’n antiekwink­el-vonds. “Die mense wat dit geïnstalle­er het, kon nie uitgepraat raak oor my ‘lessenaar-wasbakkas’ nie!” sê Kowie. “Almal op die bouperseel moes eers kom kyk – hulle kon nie glo ek wou so ’n ou kas in ’n...
Die badkamerka­ssie was ’n antiekwink­el-vonds. “Die mense wat dit geïnstalle­er het, kon nie uitgepraat raak oor my ‘lessenaar-wasbakkas’ nie!” sê Kowie. “Almal op die bouperseel moes eers kom kyk – hulle kon nie glo ek wou so ’n ou kas in ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa