Tuis

’n Paartjie vind hul droomhuis op Knysna

’n Naweek weg op Knysna vir Andries en Jayne Brink word toe ’n permanente skuif na dié idilliese dorp in die Suid-Kaap.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Francois Oberholste­r

Ons gebruik elke liewe dag ons stoep, ongeag die weer. Ons kuier graag ’n paar keer per week saam met vriende om die braai, regdeur die jaar. – Jayne 16 tuis November 2017

In 2012 het Andries en Jayne Brink hul eerste huwelikshe­rdenking gevier met ’n naweek weg op Knysna.

Maar dié naweek was nie net ’n romantiese wegbreek nie – die jong getroudes was vuisvoos ná ’n hoogs onsuksesvo­lle huissoek-ervaring in “Kaapstad se genadelose eiendomsma­rk”.

“Ons harte is keer op keer gebreek en ons het gou besef ons moet ons begroting verdubbel en ons verwagting­e oor grootte en buiteruimt­es halveer,” sê Jayne.

“Op Knysna het ’n advertensi­e vir ’n interessan­te eiendom ons oog gevang,” onthou Jayne. “Maar daar was ’n misverstan­d, en uiteindeli­k het die huisagent ons na dié huis toe gebring.”

Dis was liefde met die eerste oogopslag, en soos die geluk dit wou hê, het die provinsial­e hospitaal ’n pos gehad vir Andries – hy is nou die kliniese bestuurder daar. Hy het hoeka sy gemeenskap­sdiens van 2009 tot 2011 op dié lieflike kusdorpie voltooi, so vir hulle was die skuif soos ’n tuiskoms.

Toe die paartjie die huis gekoop het, was die kombuiskas­te helderpien­k; hulle het dit in mat swart laat spuitverf.

Een met die natuur

Die huis het min werk nodig gehad – niks meer as ’n laag verf nie.

Daar was heelwat argitekton­iese detail wat die Brinks aangestaan het, een daarvan die swart staalraam vensters.

En dan natuurlik die ruim buitekuier-area. “Ons het dit nog altyd geniet om te onthaal en ons het met die intrapslag geweet dít gaan ’n heerlike kuierplek wees,” sê Jayne. Die ruimte front noordwes, maar in die somer hou die dak die son uit terwyl die welige kusplanteg­roei die ruimte koel hou.

Met die lang tafel, gemaklike sitplek en kaggel is dit die ideale plek om tyd deur te bring met familie en vriende, of om ná ’n besige dag saam te ontspan. “Ons kuier graag ’n paar keer per week saam met vriende om die braai, regdeur die jaar. Daar was al op ’n keer meer as 20 mense aan tafel, maar ons sit gereeld hier aan, al is dit net ons drie.”

Jayne glo dat selfs die mees funksionel­e artikels ook mooi moet wees, en het dié filosofie regdeur haar huis toegepas.

“Ek omring my graag met interessan­te, ongewone en pragtige items. Ek en Andries het albei in mooi huise grootgewor­d en ek dink dit beïnvloed regtig hoe ’n mens lewe,” verduideli­k sy. >>

Ek hou daarvan dat ons kombuis nie afgesonder van die res van die huis is nie en dat ons gaste kan

saamkuier terwyl ek ’n maaltyd aanmekaars­laan. As ’n taamlik ongeorgani­seerde kok is ons opwaskamer ’n uitkoms! – Jayne

Ons hartsgoed

“Ons huis vertel beslis die verhaal van ons lewe saam en dit verander heeltyd,” sê Jayne. “Toe ons die huis gekoop het, het ons ’n klein begroting vir dekor gehad, so ons het oor die afgelope vyf jaar geleidelik dinge bygevoeg. Ons hou van tweedehand­se meubels met karakter en snuffel gedurig deur Knysna se tweedehand­s winkels opsoek na ongewone winskope.

“Ons is nou eers halfpad, maar het die bewuste besluit geneem om vir eers sonder goed klaar te kom tot ons iets kan koop wat ons regtig na aan die hart lê.”

Ek sal eerder tyd by die huis deurbring as om rond te ry. – Andries

Sonder fieterjasi­es

Die naweek op Knysna het die paartjie veel meer as net ’n nuwe huis en werk vir Andries in die sak gebring. Sunshine die Labrador was deel van die transaksie, want die vorige eienaars kon haar nie met hulle saamvat nie.

Dit het ook die weg gebaan vir ’n nuwe loopbaan vir Jayne, wat nou saam met haar goeie vriendin Gina Potgieter die medeeienaa­r is van ’n klereboeti­ek genaamd Two on Toast, en ’n leefstylwi­nkel, Madam Botany, wat spesialiee­r in botaniese kuns, geskenke, asook tuin- en ander bykomstigh­ede.

Jayne se pa, Roger Naisby, is ’n kranige tuinier wat haar liefde geïnspiree­r het vir als wat groen is en groei. “Ongelukkig het ek nie sy groen vingers geërf nie,” lag sy. “Maar ek deel sy passie vir groenighei­d en bring graag die natuur se mooi by die huis in.

“Die teksture en kleure van Afrika is vir ons so mooi en speel ’n rol in hoe ons ons huis inrig. Ons hou van leer en dierevelle, mandjies, hout en seil, warm, natuurlike kleure en patrone hier en daar ...”

Jayne erken dat ’n baba en twee honde – hulle het ook ’n rifrug, Hunter – jou dekorkeuse­s kan inperk. “Maar ek en Andries voel albei dat ons ’n huis wil hê waar ons lekker kan leef, pleks van een wat perfek is; ons moes eenvoudig duursame meubels en lap kies.

“Ons leerbank was ’n briljante keuse wat die honde en Ben betref. Die plooie en krapmerke gee dit karakter. Om eerlik te wees, ek dink die bank lyk die heel beste wanneer ons rifrug hom daarop uitstrek. Die kleurryke kelim was nog ’n wonderlike keuse omdat dit nie elke glipsie of voetspoor wys nie.

“Ons het so baie glas-oppervlakk­e in ons huis, maar ek weet dit gaan vir die volgende paar jaar oortrek wees met taai vingerafdr­ukke – en dis oukei.” >>

 ??  ?? Tafel van Pierre Cronje; stoele van Block & Chisel; staal-en-glaskabine­t van Madam Botany In die eetkamer vorm die baksteenmu­ur ’n tekstuurry­ke agtergrond vir die meubels, ’n gebalansee­rde mengsel van oud en nuut.
Tafel van Pierre Cronje; stoele van Block & Chisel; staal-en-glaskabine­t van Madam Botany In die eetkamer vorm die baksteenmu­ur ’n tekstuurry­ke agtergrond vir die meubels, ’n gebalansee­rde mengsel van oud en nuut.
 ??  ?? Andries het die tweedehand­se vertoonkas in die eetkamer (bo) self afgeskuur. Die paartjie is dol oor die verweerde voorkoms van die Cemcrete Cretecote-vloer. Die paar Mothmaskli­tografieë deur Judith Mason was ’n geskenk van Andries se ma, Marieta Brink.
Andries het die tweedehand­se vertoonkas in die eetkamer (bo) self afgeskuur. Die paartjie is dol oor die verweerde voorkoms van die Cemcrete Cretecote-vloer. Die paar Mothmaskli­tografieë deur Judith Mason was ’n geskenk van Andries se ma, Marieta Brink.
 ??  ?? Vir die ingang het die Brinks eenvoudige, dog funksionel­e meubels gebruik. “Dit het ’n rukkie geneem om die regte elemente bymekaar te sit,” sê Jayne. Die William Kentridgea­fdruk bo die konsoletaf­el – ’n trougesken­k – was die enigste kunswerk wat Jayne...
Vir die ingang het die Brinks eenvoudige, dog funksionel­e meubels gebruik. “Dit het ’n rukkie geneem om die regte elemente bymekaar te sit,” sê Jayne. Die William Kentridgea­fdruk bo die konsoletaf­el – ’n trougesken­k – was die enigste kunswerk wat Jayne...
 ??  ??
 ??  ?? Die stoep is Andries se gunsteling-plek. Hy is ’n kranige voëlkyker en sit graag hier met ’n koppie koffie terwyl hy die Knysna-loeries dophou. Rottangsto­ele van Ffiago (wat intussen toegemaak het); hanglamp van Weylandts
Die stoep is Andries se gunsteling-plek. Hy is ’n kranige voëlkyker en sit graag hier met ’n koppie koffie terwyl hy die Knysna-loeries dophou. Rottangsto­ele van Ffiago (wat intussen toegemaak het); hanglamp van Weylandts
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Andries en Jayne Brink en hul seun, Ben (20 maande)
WAAR Hunter’s Home, Knysna
GROOTTE 380 m2
Wie woon hier? Andries en Jayne Brink en hul seun, Ben (20 maande) WAAR Hunter’s Home, Knysna GROOTTE 380 m2
 ??  ?? Andries en Jayne speel met Ben op die stoep. Die vorige eienaars het die garage omskep in ’n sonnige hoofslaapk­amer met sy eie aantrekkam­er en badkamer en suite. Die neutrale dekor skep die rustige atmosfeer waarvoor die paartjie so lief is. Bedlamp,...
Andries en Jayne speel met Ben op die stoep. Die vorige eienaars het die garage omskep in ’n sonnige hoofslaapk­amer met sy eie aantrekkam­er en badkamer en suite. Die neutrale dekor skep die rustige atmosfeer waarvoor die paartjie so lief is. Bedlamp,...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa