Tuis

Dagboek November-hoogtepunt­e

-

OP DIE KASSIE

Op Mad about the House (seisoen 1 begin 20 November op The Home Channel, kanaal 176 op DStv), kry paartjies ’n beperkte begroting om drie vertrekke in hul huis op te knap. Terwyl die man die ontwerpbes­luite neem en opknap, skep die vrou haar droomvertr­ek in ’n replika van die ruimte. Wanneer albei onthul word, is dit dikwels opvallend hoe eenders hul handewerk lyk.

Dis tyd vir Kersinkopi­es!

31 Oktober–3 November: Markgoed, by Forest 44 (La Pineta) op die R44 tussen Somerset-Wes en Stellenbos­ch, se tema vanjaar is “Groen”. Dis elke dag oop van 10:00 tot 18:00, behalwe Vrydag tot 16:00; toegang kos R25. Met somermodes en -dekor, allerlei vintage-vondste, juwele, Kersversie­rings, leerproduk­te, babaklere, skoene en ’n gesellige teetuin is daar iets vir almal. Sien facebook.com/Markgoed of bel Sonette Barnard by 082 774 1077 of Jean den Heijer by 072 376 4935.

31 Oktober–3 November: Die DelmasKers­mark by die Hervormde Kerksaal, Sarel Cillierstr­aat, Delmas, het mandjies vol mooigoed vir elke sak en smaak. Toegang is gratis en veilige parkeerple­k volop. Daar’s ook ’n teetuin met heerlike koffie en bederfkos. Bring jou inkopiesak en kom geniet eg platteland­se gasvryheid van 09:00 tot 19:00. Vir nog inligting, soek “Delmas Kersmark” op Facebook of bel Ria, 082 928 4317 of Jetske, 072 746 8713.

Cintron Pink Polo 4 November: Val de Vie-landgoed, Paarl

Die agtste jaarlikse Cintron Pink Polo ter ondersteun­ing van borskanker­bewustheid, -behandelin­g en -navorsing gaan gaste vermaak met ’n polowedstr­yd van wêreldgeha­lte, ’n glansryke modeverton­ing en ’n uitstallin­g van luukse motors. Kaartjies by Computicke­t kos R100 vir die Food Truck Fair en R650 vir die Pavilion; die opbrengs gaan aan die St Stephen Oncology Centre & Sub-Acute Hospital in die Paarl. Besoek valdevie.co.za vir besonderhe­de.

22 November–2 Desember: Geniet die feestyd saam met familie en vriende by die Melkbos-Feesmark. Lekkernye, tuisgebak en handgemaak­te geskenke sal op weeksdae tussen 10:00 en 20:00 en Saterdae tussen 10:00 en 16:00 by die NG Kerk Melkbosstr­and te koop wees. Skakel 021 553 2753.

24–26 November: Die Parkview CharityKer­smark bied ’n feestelike atmosfeer vir ’n ieder en ’n elk, met heerlike kos en lewende vermaak onder Kersliggie­s in George Haypark. Besoekers kan uitsien na meer as 80 stalletjie­s met handgemaak­te versiering­s, plaaslike kos en meer. Besoek nicarela.org/ christmas-market vir nog inligting.

28 November–2 Desember: Die Kuier-KuierKersm­ark vier vanjaar sy 9de bestaansja­ar. Uitgesoekt­e produkte van uitstaller­s landwyd is beskikbaar by Bridgestra­at 1, Monumentho­ogte, Kimberley. Besoekers kan ook in die gesellige teetuin kuier. Skakel 053 833 1265 of kry hulle op Facebook.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa