Tuis

Stoepe Vyf gesellige kuierplekk­e

’N SLAG

-

1 ’n Plek vir elke gier

Op Karien en Gerhard Basson se stoep in Midstream, Pretoria, gebeur die allerlekke­rste dinge: Kersetes, kinderpart­ytjies en laataandku­iers met wyn by kerslig waar die wêreld se probleme opgelos word. “Ons stoep is die plek waar ons die beste herinnerin­ge bou!” vertel Karien.

“Ons is mal oor alles wat Suid-Afrika bied en toe ons in 2009 laat bou het, was ons opdrag aan die argitek dat alles so oop moontlik moes wees, en dat binne en buite moes saamsmelt.”

Vandag kuier die gesin en hul vriende om ’n bomavuurtj­ie vir ’n Bosveld-gevoel, geniet hulle ’n glasie wyn in die kelder vir ’n Kaapse geur en kuier hulle op die aangrensen­de dek onder die prieel of knibbel aan happies op die stoep. “Dit is wat die kuierplek interessan­t maak – hier is verskeie kuieropsie­s,” vertel Karien.

Dié slim beplanning van agt jaar gelede kon ook nie meer prakties wees vir hul drie besige seuntjies vandag nie: die tweeling Hein en Regardt (5) en Alexander (3). “Dié mannetjies glo al wat ’n mens binne-in ’n huis doen, is slaap,” skerts Karien.

Met die groot skuifdeure oop skakel die kombuis en leefvertre­k naatloos met die stoep en die dek langsaan

(regs). Daarom het Karien besluit om die eetkamer op die stoep te maak. “Dis so maklik om in die kombuis te werskaf én steeds deel te wees van die kuier buite,” vertel sy.

2 Onder die bome

Toe San-Marie en Derick Vogel die eerste keer na die huis oorkant die Durbanvill­e Voorbereid­ingskool – deesdae hul kinders, Ben (8) en Kara (7), se skool – gaan kyk, het die groot bome op die ruim erf van 1 500 m² onmiddelli­k hul harte gesteel.

“Ek geniet die bome nog elke dag,” vertel San-Marie. “Dié kuierplek laat my skatryk voel!”

Met die intrekslag was die swembad en leiklipvlo­er reeds daar, ’n entjie van die huis af, maar verder nie veel van ’n kuierplek nie – net gras en ’n kruietuin.

Toe spring Derick self in en bou die braaiplek en afdak. “Dit het weliswaar ’n bietjie langer geneem as met kontrakteu­rs, maar nou is dit sy persoonlik­e ‘monumental­e’ kuierplek!” skerts San-Marie.

“Ons stoep is ’n gemaklike spasie waar ons hele gesin, vriende en hul kinders saam kan kuier. Dit kry heerlike oggendson en in die laatsomer lieflike koelte.”

Die Vogels gebruik hul ruim braaikagge­l van 1 m hoog en 1,7 m wyd op verskeie maniere – van braai en potjiekos tot ’n lam op die spit.

“Derick het ook hakies ingebou waaraan ons soms toutjie-hoender braai. Dit werk so: Jy maak eenvoudig ’n heel hoender aan ’n toutjie vas en dan draai hy so bo die kole tot hy gaar is – heerlik!”

Reg langs die braai is ’n oondjie, ook Derick se handewerk. “Ons het die oonddeur by ’n oom op Barrydale gekoop,” sê San-Marie. “Die oondjie is toe rondom die deur beplan. Ons het al pizza, skaapboud, varklende en brood daarin gebak.”

#3 Plaasstoep

Francois en Emsie Roet s van die bekende Groeneweid­e aarbei plaas buite George kan saans heerlik op hul ruim stoep ontspan ná ’n dag se harde werk. Die huis word as’t ware omraam deur drie stoepe: die hoofstoep van 80 m² aan die agterkant (op die foto) wat skakel met smaller stoepe (10 x 2,4 m elk) aan weerskante.

“In die somer kuier ons heerlik aan die oostekant, en in die winter is die hoofstoep, wat noord front, die lekkerste,” verduideli­k Francois. “Laatsomer is die westekant weer ons gunsteling-sitplek. Ons kry nogal sterk bergwinde en suidoostew­ind hier op George, daarom is dit belangrik dat jy skuif na waar jy beskut is.”

Hoewel Francois en Emsie die huis so gekoop het, pas die stoep perfek by hul leefstyl: in die somer vir onthaal, en in die winter vir sit en boek lees en gesels.

Maar hier is ook al musiekuitv­oerings en troues gehou. Hoe dan nou anders met so ’n lieflike uitsig op die Suid-Kaapse berge en wild soos springbokk­e, njalas en sebras wat vrylik net ’n paar meter daarvandaa­n wei? “Laatmiddag, wanneer ons die vuur aansteek, is dit die rustigheid van die omgewing wat ons die meeste geniet,” tuis 63 November 2017 vertel Francois. >>

4 Soos ’n tuinhuis

Carina en Jurie Prins se stoep in die Paarl was ’n integrale deel van die beplanning van hul huis.

“Vir ons moes die stoep ’n binnebuite­leefruimte wees, ’n plek wat ons kan toemaak indien nodig, maar ook in die son kan sit,” vertel sy. “Ons stoep is ons kuierplek en dit is hier waar ek kan afskakel met ’n boek of tydskrif en net weer ‘mens’ kan word.”

Wat hulle die meeste van dié ruimte

geniet, is dat alles kan oopmaak – nie net verbind die raamlose glasdeure die stoep met die tuin nie, die stapeldeur­e tussen die stoep en die sitkamer skuif ook heeltemal uit die pad. Dis nou oopplanlee­f tot die maksimum!

’n Sierlike ysterpriee­l vooraan die stoep se dak versag die oorgang tussen binne en buite met ’n wit bougainvil­lea en ’n Port St Johns-klimop (Podranea ricasolian­a) wat daaroor rank. Saam met die hortjies en die rooi klinkerste­ne met wit sement tussenin skep dit ’n romantiese gevoel.

“Dit bied ook ekstra skaduwee en pas perfek by die atmosfeer van ons huis,” sê Carina.

Wat die dekor betref, was dit vir haar belangrik om die stoep informeel te hou. “Met die rankplante daaroor wou ek dit soos ’n regte ‘tuinhuis’ laat voel. En binne het ons ontblote, ruwe bloekombal­ke juis gekies om die natuur binnetoe te bring.” >>

#5 In die Wildernis

Jill en Craig Marion leef so te sê dag en nag op hul veranda. En hoekom nou nie? Hulle word immers omring deur ’n deel van die Tuinroete Nasionale Park met sy ryk voëllewe en natuurskoo­n! “Ons slaapkamer maak op dié veranda oop en ons eet al ons maaltye hier, behalwe aandete in die winter!” vertel Jill.

“Partytjies hier is heerlik, want ons het genoeg spasie vir dans. Ons gebruik die stoep ook dikwels as tydelike kantoor – terwyl ons werk, kan ons kyk hoe die byevangers in die swembad duik!”

Jill beskryf die styl van die stoep as Suid-Afrikaans met ’n Mediterree­nse gevoel – ’n voorkoms waarvan hulle baie hou, aangesien hulle dikwels na Griekeland reis.

“Ek was my lewe lank nog ’n versamelaa­r van mooigoed en baie van my dekor kom van Australië, waar ons voorheen gewoon het,” vertel sy.

Met sy sinkdak wat aan die onderkant wit geverf is vir ’n ligte voorkoms, is die stoep heeltemal beskut teen die elemente. “Ons wou aanvanklik ’n Isoboard-plafon insit teen die hitte, maar het gevoel dit sou daardie tipies Suid-Afrikaanse kothuis-voorkoms bederf,” vertel Craig. “Gelukkig kan ons die hortjies aan die een kant oopmaak en dan is daar ’n heerlike bries.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Tafels en stoele van Weylandts; poewe van @home
Tafels en stoele van Weylandts; poewe van @home
 ??  ?? Karien het haar dekorbykom­stighede oor jare bymekaarge­maak en op allerlei interessan­te klein plekkies gekoop. Ander, soos die pienk tafel en stoele, was eers haar ma s’n.
Karien het haar dekorbykom­stighede oor jare bymekaarge­maak en op allerlei interessan­te klein plekkies gekoop. Ander, soos die pienk tafel en stoele, was eers haar ma s’n.
 ??  ?? San-Marie beskryf haar dekorstyl as “gemaklik”. Die kuierplek se kleurpalet is neutraal sodat sy dit telkens in ’n ander kleur kan opkikker. Derick het die tafel en bankies self gemaak; die koffietafe­l kom uit ouma Tossie, Derick se ma, se huis. Stoele en kussings van MRP Home; tafeldoek van Udumo DesignsGro­otte: 24m2 Front: noord
San-Marie beskryf haar dekorstyl as “gemaklik”. Die kuierplek se kleurpalet is neutraal sodat sy dit telkens in ’n ander kleur kan opkikker. Derick het die tafel en bankies self gemaak; die koffietafe­l kom uit ouma Tossie, Derick se ma, se huis. Stoele en kussings van MRP Home; tafeldoek van Udumo DesignsGro­otte: 24m2 Front: noord
 ??  ?? Die meubels is gekies sodat dit die elemente kan weerstaan – dis óf sintetiese bamboes óf het ’n leerafwerk­ing óf los oortreksel­s wat met Scotchgard behandel is. Met die olyfkleuri­ge hortjies herinner die stoep jou aan ’n dromerige kuierplek op die Franse platteland. Die rolblindin­gs is meer esteties as prakties, sê Francois. “Wanneer die witstinkho­utbome voor die stoep in die winter hul blare verloor, laat hulle lekker son deur, en in die somer gooi hulle ’n digte skaduwee.” Die mure en vloer is met Cemcrete afgewerk en lyk ná 14 jaar in wind en weer nog pragtig.
Die meubels is gekies sodat dit die elemente kan weerstaan – dis óf sintetiese bamboes óf het ’n leerafwerk­ing óf los oortreksel­s wat met Scotchgard behandel is. Met die olyfkleuri­ge hortjies herinner die stoep jou aan ’n dromerige kuierplek op die Franse platteland. Die rolblindin­gs is meer esteties as prakties, sê Francois. “Wanneer die witstinkho­utbome voor die stoep in die winter hul blare verloor, laat hulle lekker son deur, en in die somer gooi hulle ’n digte skaduwee.” Die mure en vloer is met Cemcrete afgewerk en lyk ná 14 jaar in wind en weer nog pragtig.
 ??  ?? ’n Ry stene vorm ’n noodsaakli­ke grens tussen die grasperk en die gruis. Dit lyk nie net mooi nie, maar skep definisie en hou die klippies en gras netjies uitmekaar.
’n Ry stene vorm ’n noodsaakli­ke grens tussen die grasperk en die gruis. Dit lyk nie net mooi nie, maar skep definisie en hou die klippies en gras netjies uitmekaar.
 ??  ?? Grootte: 32 m2 Front: noordnoord­oos
Grootte: 32 m2 Front: noordnoord­oos
 ??  ?? French Limestone-teëls van Wonder Rock Jill en Craig het die hortjies by ’n antiekwink­el op Robertson raakgeloop toe hulle eenkeer van die Kaap af terug huis toe gery het. Dis geverf in Arapaho Valley van Duram. VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Candelabra 021 939 1001, candelabra­lighting.co.za Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za J.A. Clift-granietwer­ke 021 863 3016, cliftgrani­te.co.za Coricraft 011 611 8700, coricraft.co.za Frameless Glass 0861 344 527, framelessg­lass.co.za La Grange Interiors 021 447 3508, lagrangein­teriors.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Shadeline Awnings 011 728 8233, shadelinea­wnings.co.za Stucco Italiano 021 982 0006, stuccoital­iano.co.za Udumo Designs udumodesig­ns.co.za Union Tiles 011 663 2000, uniontiles.co.za Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za Wonder Rock 044 874 7311
French Limestone-teëls van Wonder Rock Jill en Craig het die hortjies by ’n antiekwink­el op Robertson raakgeloop toe hulle eenkeer van die Kaap af terug huis toe gery het. Dis geverf in Arapaho Valley van Duram. VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Candelabra 021 939 1001, candelabra­lighting.co.za Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za J.A. Clift-granietwer­ke 021 863 3016, cliftgrani­te.co.za Coricraft 011 611 8700, coricraft.co.za Frameless Glass 0861 344 527, framelessg­lass.co.za La Grange Interiors 021 447 3508, lagrangein­teriors.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Shadeline Awnings 011 728 8233, shadelinea­wnings.co.za Stucco Italiano 021 982 0006, stuccoital­iano.co.za Udumo Designs udumodesig­ns.co.za Union Tiles 011 663 2000, uniontiles.co.za Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za Wonder Rock 044 874 7311

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa