Tuis

Plant van die maand Frangipani

Met ’n frangipani sal jou tuin heerlik ruik! Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach

-

JJy weet sommer wanneer die frangipani’s blom. Met hul hemelse geur en trosse blomme op die punte van die takke is dit moeilik om dié bome in die somermaand­e mis te kyk! Die kleinerige boom of groot struik het ’n sambreelvo­rm met dik, vetplantag­tige takke. Die algemeenst­e frangipani se blomme is roomwit met geel in die middel; daar is ook variëteite met geler blomme, of pienk blomme met geel in die middel.

Frangipani’s aard die beste in warm, vogtige streke soos KwaZulu-Natal, die Oos-Kaapse kusgebied en die Laeveld. Die struik sal ook in droër en koeler streke groei solank dit rypvry is. In dele wat ligte ryp kry, moet dit in die warmste deel van die tuin geplant word op ’n plek wat goed beskerm is. Die plant hou van volson en vrugbare grond wat goed dreineer, maar moet teen wind beskerm word. Hou dit nat in die somer in droër dele van die land. Dit is nie nodig om frangipani’s te snoei nie.

Onthou!

Die frangipani se wit, melkerige sap is effens giftig en kan irritasie veroorsaak, veral as dit in jou oë beland. Was altyd jou hande wanneer jy frangipani’s gepluk het en spoel dadelik jou oë uit met water as jy aan jou oë gevat het.

Frangipani’s is goeie snyblomme en hou lank in die huis. Of laat dryf ’n paar blommetjie­s in ’n bakkie water vir ’n tropiese gevoel!

 ??  ?? Bronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar; Reader’s Digest A South African Garden for All Seasons met hoof-medewerker Jennifer Godbold-Simpson
Bronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar; Reader’s Digest A South African Garden for All Seasons met hoof-medewerker Jennifer Godbold-Simpson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa