Tuis

Vra die kenners

Wil jy weet hoe om ’n houtvloer te restoureer of ’n vervelige gang op te dollie? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Desiree Hartney

Restoureer jou vloere

Ethel Sleith van Gauteng skryf My huis is in 1906 geboue n ongelukkig is die Orego n denne houtvloere in ’n swak toestand. Ek het gehoop dat ek dit kan herstel sonder groot skuurmasji­ene en enige ongerief – om van die koste nie te praat nie! Is daar ’n vinnige, maklike manier om die vloere sonder ’n skuurmasji­en te herstel?

Frikkie Greeff, besturende direkteur van Woodoc, antwoord Ongelukkig is daar nie ’n kitsoploss­ing nie; die vloere moet deeglik geskuur en dan herseël word. Die beste opsie is ’n industriël­e vloerskuur­der – daar is kontrakteu­rs wat stofvrye skuurwerk doen, wat minder morsig is. Maak net seker jy huur ’n kontrakteu­r met ’n goeie reputasie; vra vir verwysings en doen die moeite om na hul vorige werk te gaan kyk.

Wanneer die vloer deeglik geskuur en skoongemaa­k is (dring daarop aan dat hulle die vloer met mineraal terpentyn skoonmaak nadat dit geskuur is) en jy seker is dit is goed droog, kan dit geseël word. Kies een van die volgende produkte, afhangend van die soort afwerking wat jy verkies:

1 Woodoc 25 Polyuretha­ne Floor Sealer

is ’n produk met ’n oplosmidde­l as basis (maak jou kwaste ná gebruik met terpentyn skoon). Dit dring die hout diep binne en bou op die oppervlak op vir ’n duursame mat of glansafwer­king. Die produk hidreer die hout en sal dit dus effens donkerder maak en die natuurlike kleur uitbring.

2 Woodoc Water-Borne Floor Sealer

het ’n waterbasis (maak jou kwaste ná gebruik met water skoon); die produk sal ook die hout binnedring en op die oppervlak opbou, maar nie die hout verkleur nie. Dis beskikbaar in Gloss of Matt.

Albei produkte lewer ’n goeie resultaat en gee ’n duursame afwerking, solank die vloer reg voorberei is en die produk volgens die aanwysings op die blik aangewend word.

KONTAK 041 581 0109, woodoc.com

Preneshree Pillay, handelsmer­k bestuurder by Dulux, stel die volgende alternatie­f voor So kan jy vloere wat voorheen geverf of vernis was en nou in ’n swak toestand is, behandel:

1 Gebruik ’n skuurmasji­en

of geskikte chemiese behandelin­g om enige was of politoer te verwyder. Dis nie voldoende om eenvoudig die houtvloer met paraffien te was nie – enige oorblyfsel­s sal verhoed dat die Woodgard Floorgard behoorlik heg.

2 Behandel die hout

met ’n gepaste stroopmidd­el om enige ou vernislae te verwyder en die rou hout te ontbloot. Was die vloer met water om die strooppros­es te neutralise­er en laat die hout droog word. Skuur dit dan soos gewoonlik.

3 Wend ’n laag Woodgard Floorgard aan

en gee dit 18 uur kans om droog te word.

4 Skuur liggies

tot ’n gladde afwerking, verwyder enige stof en wend nog twee lae Woodgard Floorgard aan. KONTAK 086 033 0111, dulux.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa