Tuis

Vra vir JJ

-

Raad vir ’n sonnige kol Judy Conradie van Sedgefield skryf Ek is besig om tuin te maak op Sedgefield en kort raad vir ’n bedding rondom die fontein. Dit blyk dat die somerson net te warm is vir die irisse en varkore wat ek hier geplant het; ek sal hulle moet skuif. Wat ek graag in dié hoekie van die tuin wil hê, is laaggroeie­nde plante (sowat 30–40cm) met wit blomme. By die kwekery het ek Cupheas in sakke gesien, maar hulle het nie gelukkig gelyk nie en ek twyfel of hulle in my tuin sal oorleef.

JJ antwoord Cupheas is ’n goeie keuse; hulle hou net nie daarvan om in sakke te staan nie. Plant hulle uit, of oorweeg Lobularias, Euphorbia ‘Diamond Frost’, Convolvulu­s cneorum of laer groeiende s ha s ta madeliefie­s. Red my rose Emmarencia Diederiks skryf

My tuinier het die grond in my tuin omgespit en met kompos verryk, maar ek vermoed hy het in die proses my rose se wortelstel­sel beskadig, want dit lyk of hulle gevrek het. Haal ek die hele lot uit en plant laventel in hulle plek, of moet ek wag en kyk wat gebeur? Daar is vier ‘Iceberg’-rose wat nog mooi lyk. Ons woon in ’n somerreëns­treek en kry ryp in die wintermaan­de.

JJ antwoord Jy is reg, rose hou net mooi niks daarvan dat daar met hul wortels gepeuter word nie. Gee eers kans en kyk wat blom sodat jy kan bepaal hoe erg hulle seergekry het. Laventel sal pragtig lyk, maar moet elke paar jaar vervang word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa