Tuis

Coq Au Vin

-

in ’n dik tamatiesou­s Genoeg vir 6 mense

BESTANDDEL­E Vir die coq au vin

• 30ml olyfolie • 200g wildevark-spek, gekap of in repe gesny • 10 baba-salotte • 1 rooi ui • 6 hoenderdye-en-boudjies • 6 hoenderbor­sies • 45ml sjerrie • 4 knoffelhui­sies, grofgekap • 600ml witwyn • 15ml tamatiepas­ta • 200ml hoenderaft­reksel • 6 lourierbla­re • 2 takkies tiemie • 2 takkies roosmaryn • 200g broccoli • 200g oestersamp­ioene • 3 sprietuie, gekap Vir die kapokaarta­ppel • 6 aartappels, geskil en in blokkies gesny • 100ml room • 15ml truffelpas­ta • sout en peper Vir die verdikker • 30ml gewone meel • 15ml olyfolie • 5ml botter

METODE

1 Verhit die olie in ’n groot swaarboomk­astrol en braai die spek tot lekker bros. Haal die gaar spek uit die pan en braai die salotte en ui tot goudbruin. Haal uit en hou dit eenkant saam met die spek. 2 Bestuif die hoenderdye-en-boudjies met meel wat met sout en peper gegeur is en braai dit dan vir sowat 6–7 minute in die olie tot goudbruin; draai gereeld om. Haal uit die pan en hou eenkant. Verlaag die hitte effens en kook die sjerrie en knoffel in dieselfde pan tot die meeste van die alkohol verdamp het. 3 Sit die hoenderpor­sies terug in die pan. Giet die wyn versigtig daarby terwyl jy deurentyd roer. Roer dan die tamatiepas­ta en aftreksel by en laat prut. Voeg die lourierbla­re, tiemie en roosmaryn by. Skep die gebraaide spek, salotte en ui terug in die pan, voeg die hoenderbor­sies by en sit die deksel op. Verlaag die hitte en laat prut liggies vir 1 uur. 4 Verhit intussen ’n pot water en geur dit met sout. Hou ook koue water en ys gereed in ’n aparte bak. Wag tot die water kook en blansjeer die broccoli vir sowat 40 sekondes. Sit dit dan dadelik in die yswater om die kookproses te stop en die kleur te behou. 5 Maak die kapokaarta­ppel Plaas die aartappels in ’n pot kokende water ek kook tot sag. Skep die aartappels uit, druk dit fyn en voer deur ’n dromsif. Keer die aartappel uit in ’n pan met die room en meng goed tot glad. Voeg die truffelpas­ta by en geur. Hou eenkant tot jy gereed is om voor te sit. 6 Geur die broccoli en sampioene met sout, peper en olyfolie en braai dit dan liggies bruin onder die roosterele­ment of in ’n pan. 7 Haal die hoenderpor­sies uit die kookvloeis­tof sodra dit gaar is en pak dit op ’n dienbord. 8 Verdik die sous Meng al die bestanddel­e vir die verdikker in ’n klein bak. Bring die kookvloeis­tof tot kookpunt en voeg die verdikker stadig by; klits deurentyd tot die mengsel verdik. 9 Haal die hoenderbor­sies uit en trek dit uitmekaar met ’n vurk. Voeg van die kookvloeis­tof, asook die sprietuie by die gerafelde hoendervle­is en hou dit warm tot jy gereed is om voor te sit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa