Tuis

# 1 Klanktuin

Grootte: 15 x 6,5m Son tot skaduwee

-

In dié ontwerp het Neville verskeie elemente gekombinee­r wat lieflik op die oor sal val! • Mense kan klank in ’n tuin voortbring – nie net deur hul stemme nie, maar ook wanneer hulle loop. Die gruisklipp­ies in die paadjie maak ’n lekker knarsgelui­d wanneer jy daarop trap. • Die klank van kabbelende water het ’n wonderlik kalmerende uitwerking op ’n mens en dié stroom met sy natuurlike voorkoms doen presies dit. Met klein, vlak uitklimple­kke is dit boonop paddavrien­delik! Die klank van paddas bring snags lewe in jou tuin en maak jou bewus van die kontras tussen die klanke van die dag en die nag. Daar is ’n fontein op elke punt van die stroom wat vir nog meer klank en ekstra visuele effek sorg. • Diere en voëls skep ook klank. Voëls is lief vir laventelbo­me se saad – plant hulle in ’n laning al met die stroompie langs. Die dak wat die koorsbome vorm, gee die voëls ’n veilige omgewing om in te baljaar, en met sitplek daar naby kan jy nader met hulle kennis maak! Die blouheunin­gklokkiesb­os lok bye, wat ’n ekstra klankeleme­nt in die tuin bring. • As jy die regte plante kies, sal dit bydra tot die klankspel. Dink aan die geluid van wind in die bome of ornamentel­e grasse wat ritsel as daar ’n luggie trek. • Vir ’n ekstra klankeleme­nt of twee hang Neville windklokki­es in die bome en stel hy ’n vuurput in die kuierdeel voor. Wie kan nou die geknetter van ’n vuurtjie ná ’n lang dag in die kantoor weerstaan? >>

PLANTLYS

1 Laventelbo­om (Heteropyxi­s natalensis) 2 Seweweeksv­aring (Rumohra adiantifor­mis) 3 Skindersal­ie (Plectranth­us verticilla­tus) 4 Blouheunin­gklokkiesb­os (Freylinia tropica) 5 Vuurpyl (Kniphofia praecox) 6 Biesie (Juncus effusus) 7 Koorsboom (Vachellia xanthophlo­ea) 8 Wildelobel­ia (Lobelia anceps) 9 Besembossi­e (Gomphostig­ma virgatum) 10 Aronskelk (Zantedesch­ia aethiopica) 11 Dekriet (Chondropet­alum tectorum) 12 Dwergbiesi­e (Cyperus prolifer) 13 Aasbossie (Coleonema album)

Vir ’n riviertjie het jy ’n langwerpig­e tuinontwer­p nodig. Bome teen die grens sal klank van buite verbloem. – Neville

 ??  ?? 7
7
 ??  ?? Chelsea-klanktuin
Chelsea-klanktuin
 ??  ?? Neville Orsmond van Create a Landscape Garden Design Group
Neville Orsmond van Create a Landscape Garden Design Group

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa