Tuis

# 2 Proetuin

Grootte: 1,2m hoog, 3m breed en 5m lank Volson

-

Wat is lekkerder as kraakvars organiese groente? Dié spiraalvor­mige groentetui­n is perfek vir ’n klein ruimte. Dit kan selfs op ’n dak of ’n geplaveide deel gemaak word – los dan net die kamillegra­sperk uit, sê Jaco. • Kies ’n sonnige hoekie wat minstens 6 uur son per dag kry. Bou die spiraal met skanskorwe (draadmandj­ies waarin klip gepak is), bakstene of klip en vul die spiraal met komposryke grond. Moenie die spiraal te breed maak nie – jy moet by die groente kan uitkom wanneer jy langs die spiraal staan. • Plant laer groeiende groente in die buitenste sirkel van die spiraal sodat jy by die binneste spiraal kan bykom vir pluk. Plant roosmaryn heel bo en snoei dit in ’n interessan­te vorm. • Installeer drup- of sprinkelbe­sproeiing wat net die spiraaltui­n natmaak sodat geen water vermors word nie. • Maak voorsienin­g vir ’n dammetjie in die ontwerp om lewe na jou spiraaltui­n te lok. Dit is ook die perfekte plek om bronkors te plant. • Plant ’n kamillegra­sperk reg rondom jou spiraaltui­n. Terwyl jy jou groente en kruie pluk, geniet jy sommer die heerlike geur van dié grasperk!

PLANTLYS

1 Spinasie 2 Sitroentie­mie (Thymus citriodoru­s)

3 Origanum (Origanum vulgare ‘Aureum’) 4 Pers opaalbasil­iekruid (Ocimum

basilicum ‘Purpurasce­ns’) 5 Grasuie (Allium schoenopra­sum) 6 Mosterdsla­ai (Eruca vesicaria) 7 Aarbeie 8 Basiliekru­id (Ocimum basilicum) 9 Roosmaryn (Rosmarinus officinali­s) 10 Knoffel 11 Bronkors in die dammetjie (Nasturtium officinale) 12 Sitroengra­s (Cymbopogan citratus) 13 Wortels 14 Beet 15 Preie en uie 16 Blaarslaai in verskillen­de kleure

17 Kamillegra­sperk (Anthemis nobilis)

 ??  ?? Skanskorwe 12 4 15 6 2 1 13 13 8 10 3 5 7 6 3 9 2 3 2 4 16 7 4 16 4 11 1 1 13 17 Dammetjie 15 14
Skanskorwe 12 4 15 6 2 1 13 13 8 10 3 5 7 6 3 9 2 3 2 4 16 7 4 16 4 11 1 1 13 17 Dammetjie 15 14
 ??  ?? Chelsea-proetuin
Chelsea-proetuin
 ??  ?? Jaco Brand van Picardi Place
Jaco Brand van Picardi Place

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa