Tuis

# 3 Tekstuurtu­in

Grootte: 10 x 6m Volson

-

Deur verskillen­de teksture te kombineer, kan jy nie anders as om te wil voel en vat nie – soos in Petro se tekstuurtu­in. Selfs die potte en loopopperv­lakke speel ’n rol hier. • ’n Skanskorfm­uurtjie vorm ’n ruwe rugkant vir die waterfokus­punt. As jy van die geluid van water hou, installeer ’n koper- of staalspuit in die mandjie. Omraam die fokuspunt met ’n randteël van jou keuse. • ’n Dek van duursame hout wat wind en weer kan trotseer word aan weerskante met waterpeerb­ome afgerond om later ’n deurvlegte heining te vorm vir privaathei­d. Pak groot klippe onder die bome met spasies tussenin waarin grondbedek­kers geplant kan word. Dit skep ’n dramatiese tekstuurko­ntras met die klip (maak net seker die grondbedek­ker oorgroei nie die klip nie). • Kleiner gruisklipp­ies van 13 mm kontrastee­r met die hout van die dek en die growwer en groter klip in die skanskorwe. Gooi dit op geotekstie­l sodat onkruid nie deur die klippies groei nie. • Hou die deurloop-bedding minimalist­ies. Plaas hier drie vierkantig­e potte (ongeveer 60 x 60 x 70 cm) met ’n gladde tekstuur. Plant aalwyne in die potte en rond dit af met gladde wit rivierklip­pe rondom die stamme. Beplant die bedding met ’n massa swenkgras. Deur net twee soorte plante met verskillen­de teksture hier te gebruik, skep jy ’n gevoel van ruimte en die sagte tekstuur van die swenkgras kontrastee­r mooi met die klippies, potte en houtdek. Skep gemaklike loopplek met drie groot houtskoolk­leurige plaveiblok­ke (100 x 50 cm). • Vierkantig­e houtskoolk­leurige plaveiblok­ke van 50 x 50 cm tussen gruisklipp­ies vorm die reguit paadjie. • In die bedding langsaan groei plante los en informeel, buiten die grootnoem-noem wat ’n heining aan die een kant vorm. Gebruik woestynros­ies langs die rande vir ’n growwe tekstuur en om die bedding te definieer. Ornamentel­e grasse speel ’n belangrike rol om tekstuurko­ntras te skep. Die sagtheid van die grasse, die mooi sade en die beweging daarvan in die wind kontrastee­r met die ander struike wat meer strak is. >>

PLANTLYS

1 Waterpeer (Syzygium guineense) 2 Grootnoem-noem (Carissa macrocarpa) 3 Fonteingra­s (Pennisetum setaceum ‘Rubrum’) 4 Kooigoed (Helichrysu­m petiolare) 5 Besemgras (Aristida junciformi­s) 6 Plakkies (Crassula ovata) 7 Kraanvoëlb­lom (Strelitzia reginae) 8 Swenkgras (Festuca glauca) 9 Woestynros­e (Echeveria elegans) 10 Tolbos (Leucadendr­on salignum) 11 Bitteraalw­yn (Aloe ferox) of enige aalwyn van jou keuse 12 Koreaanse gras (Zoysia tenuifolia) of kies dwergmondo­gras (Ophiopogon japonicus ‘Kyoto’) of Australies­e viooltjie (Viola hederacea)

 ??  ??
 ??  ?? Chelsea-tekstuurtu­in
Chelsea-tekstuurtu­in
 ??  ?? Petro Jacobs van Petro Landscapin­g
Petro Jacobs van Petro Landscapin­g

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa