Tuis

# 4 Geurtuin

Grootte: 8 x 8m Volson

-

Wie kan nou ’n lekkerruik­tuin weerstaan? Veral as die geure goeie herinnerin­ge bring. • Jy stap Pietman se geurtuin binne met ’n smal paadjie langs wat tussen twee vormgesnoe­ide lourierbom­e deur loop. Jy moet letterlik by die bome verbyskuur sodat jy die heerlike geur van die twee aromatiese bome kan ruik. Die paadjie is van klip, met tiemie en polei wat tussen-in groei. Albei dié plante en die roosmaryn wat tot teen die paadjie groei, stel hul geur vry elke keer dat jy daarop trap. • Die paadjie lei na ’n sirkelvorm­ige grasperk van kamille, wat met dieselfde tipe klip as dié van die paadjie omraam word. Aan die oorkant is ’n bank van klip met ’n prieel bo-oor. Die sitplek van die bank is ook met polei beplant. Die prieel word aan drie kante toegerank met ’n kombinasie van jasmyn, kanferfoel­ie en ’n geurige roos. In die middel van die kamillegra­sperk is ’n vuurput. Die reuk van rook in ’n mooi tuin is gesellig. As alternatie­f vir die vuurput stel Pietman ’n dammetjie voor waarin waterblomm­etjies en waterlelie­s met hul soet geur groei. • In die vier hoeke van die tuin is geurbome. • Voorlangs en al met die rand van die kamillegra­sperk groei geurblomme wat ook goeie plukblomme is. Dit sal nie net in jou geurtuin lekker ruik nie, maar ook in die huis. Pluk en geniet dit! • ’n Digte struikbosk­aas van geurige struike omraam die tuin.

PLANTLYS

1 • Laventel Geurblomme (Lavandulao­m te intermedia­pluk ‘Grosso’)• Roosmaryn (Rosmarinus officinali­s ‘Prostratus’)• Narsings (Narcissus-hibriede) • arborescen­s) Tuinheliot­rope (Heliotropi­um • Wildemalva (Pelargoniu­m graveolens) • Salie (Salvia clevelandi­i) • Sint Josefsleli­e (Lilium longifloru­m) • Kammetjie (Freesia-hibriede) • Rose soos ‘Double Delight’, ‘Ambridge

Rose’ of ‘Duftwolke’ 2 Geurige grondbedek­kers • Tiemie (Thymus vulgaris) • Polei (Mentha pulegium) • Kamille (Anthemis nobilis) 3 Vir die digte struikbosk­aas • Oranjejasm­yn (Murraya exotica) • Verbleikbl­om (Brunfelsia pauciflora ‘Floribunda’) • Bruidsbos (Pavetta lanceolata) • Bergboegoe (Agathosma ciliaris) • Keurtjie (Podalyria calyptrata) • Mexikaanse lemoenbloe­isel (Choisya ternata) • Rondeletia (Rondeletia amoena) • Katjiepier­ing (Gardenia augusta) • Geurige rose wat in die bome opgroei soos ‘Perfumed Breeze’, ‘Gülilah’, ‘Mme Alfred Carrière’ en ‘Wedding Garland’ 4 Lekkerruik­bome vir die vier hoeke • Saliehout (Buddleja salviifoli­a) • Maanblom (Brugmansia x candida) • Frangipani (Plumeria rubra)

• Nartjie (Citrus reticulata) 5 By die ingang • Lourier (Laurus nobilis)

 ??  ?? Lees meer rhs.org.uk/shows-events/rhs-chelsea-flower-show/ News/2017/radio-2-feel-good-gardens
Lees meer rhs.org.uk/shows-events/rhs-chelsea-flower-show/ News/2017/radio-2-feel-good-gardens
 ??  ?? Chelsea-geurtuin
Chelsea-geurtuin
 ??  ?? Pietman Diener tuinontwer­per van Stellenbos­ch
Pietman Diener tuinontwer­per van Stellenbos­ch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa