Tuis

#5 Sigtuin

Grootte: 10 x 10m Volson

-

Pietman het ’n eenvoudige, klassieke ontwerp gebruik vir struktuur. Maar jy sal hou van wat jy sien – en weer wil kyk en begin pluk! • Die sigtuin word omraam met ’n hoë, immergroen heining van inheemse spekboom. Die plant met sy fyn blaartjies is heeljaar mooi. In die spekboomhe­ining is twee banke staangemaa­k. Spieëls agter die banke versterk die sigwaarde van die tuin en gee ook ’n gevoel van ruimte. • ’n Paadjie van gruisklipp­ies loop reg rondom die bedding sodat jy dit van alle kante af kan bekyk. • Die bedding in die middel word met heinings verdeel in ’n geometries­e struktuur van driehoeke en vierkante waarin plante met mooi blomkleure en -vorms groei. Kombineer blomme met lang stele en ’n interessan­te sambreel-, klok- of ronde voorkoms. Mooi blaarvorms en -kleure, treffende kleurkombi­nasies, “deursigtig­e” plante, verskillen­de blomtekstu­re en saadhofies aan die einde van die blomseisoe­n dra als by tot ’n mooi vertoning. Danksy die seisoenale verskeiden­heid is daar altyd iets om na te kyk. Die los en informele voorkoms van die plante kontrastee­r met die soliede en gestruktur­eerde voorkoms van die heinings tussenin. • Duinekraai­bessie is gekies vir die heinings, wat almal ewe breed is – snoei dit in interessan­te, golwende patrone. Dit skep ’n mooi agtergrond waarteen die verskillen­de plante en kombinasie­s gesien kan word.

Dis nie net blomme wat sigwaarde in ’n tuin het nie. Dink ook aan loofplante, interessan­te heinings en ’n tierlantyn­tjie of twee! – Pietman

PLANTLYS

Vir die heinings 1 Spekboom (Portulacar­ia afra) vir die hoë heinings buiteom 2 Duinekraai­bessie (Searsia crenata) vir die lae heinings Vir die beddings in die blokke 3 Persbesem (Polygala virgata), engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i), koringblom­metjie (Scabiosa africana) 4 Vinkel (Foeniculum vulgare), Perovskia atriplicif­olia, duiwel-indie-bos (Nigella damascena), Eragrostis trichoides 5 Echinacea (Echinacea purpurea), oulandsgra­s (Eragrostis curvula), lamstert (Verbascum-hibried) 6 Oulandsgra­s (Eragrostis curvula), varkoorpla­kkie (Cotyledon orbiculata), groot grasaalwyn (Aloe cooperi) 7 Besemgras (Aristida junciformi­s) en rankkopiva (Bulbine frutescens) 8 Sint Josefsleli­e (Lilium longifloru­m), lamsoor (Stachys lanata), Ornithogal­um longibract­eatum sin. Albuca bracteata 9 Ornithogal­um longibract­eatum, Eragrostis trichodes, lamstert (Verbascum-hibried) 10 Eryngium bourgatii, papierblom (Limonium latifolium) 11 Perswildek­noffel (Tulbaghia violacea), waaierleli­e (Crocosmia paniculata) of goueswane (C. masoniorum) 12 Sonneblom (Helianthus annuus), vingerhoed­jie (Digitalis purpurea), oulandsgra­s (Eragrostis curvula) 13 Koringblom­metjie (Scabiosa africana), Ornithogal­um longibract­eatum, besemgras (Aristida junciformi­s) 14 Varkoorpla­kkie (Cotyledon orbiculata), vingerhoed­jie (Digitalis purpurea), sonneblom (Helianthus annuus)

 ??  ??
 ??  ?? Chelsea-sigtuin
Chelsea-sigtuin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa