Tuis

Take vir November

Soveel voëls!

- Deur Kay Montgomery

Dra by tot dié verdienste­like projek deur al die voëlspesie­s wat jy in ’n bepaalde tuin, park, skoolterre­in of voorstad (of, as jy daarvoor kans sien, binne ’n radius van 50 km van jou huis af) sien en hoor, aan te teken.

Lok voëls deur allerlei voëlvriend­elike plante in jou tuin te kweek: Vir nektarvret­ende voëls Aalwyn, Kaapse kanferfoel­ie (Tecoma capensis), koraalboom (Erythrina-spp.), notsung (Halleria lucida), wildedagga (Leonotis leonurus), huilboerbo­on (Schotia brachypeta­la), erikas en proteas is gewild onder suikerbekk­ies. Vir vrugtevret­ende voëls Plant grootnoemn­oem (Carissa macrocarpa), waterbessi­e (Syzygium cordatum), witpeer (Apodytes dimidiata), wildepersk­e (Kiggelaria africana) en fynblaarro­oihout (Ochna serrulata) om voëls soos loeries en muisvoëls te lok.

Vir insekvrete­nde voëls Deklae van blare en opgekerfde tuinafval behou nie net water in die grond en hou onkruid in toom nie, dit dien ook as spens waar lysters, rooiborsie­s en witogies kan rondsnuffe­l vir kos. ’n Ruigte van struike soos vlam-van-die-vlakte

(Bauhinia galpinii) en syselbos beskut voëls teen roofdiere en gure weer, en is ’n goeie plek om nes te bou. Plant grasse en palms sodat voëls materiaal het vir hul neste, asook struike en bome met dorings wat hulle teen roofdiere beskerm.

 ??  ?? Fynblaarro­oihout
Fynblaarro­oihout
 ??  ?? Syselbos
Syselbos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa