Tuis

‘Greek Columnar’basilie

-

Krui van die maand

Dié meerjarige basilie-kultivar groei in ’n netjiese struik en het net soveel gebruike soos die immergewil­de soet basiliekru­id.

Kweek dit so Net soos ander variëteite groei ‘Greek Columnar’ in volson, asook kolle wat oggendson en middagskad­u kry. Plant dit in komposryke grond wat goed dreineer. Maak gereeld nat sodat die grond nie heeltemal uitdroog nie, en bemes een keer per maand vir ’n goeie blaar-oes. Dié basilie is kleiner en het ’n regopper groeiwyse as ander soorte (dit word 80 cm hoog en 60 cm wyd), wat dit geskik maak vir klein kruietuine en houers.

Kruiewenk Knyp die groeipunte van jong plante af om ’n meer bosagtige groeiwyse aan te moedig.

Het jy geweet? Die skerp reuk van die blare maak dit ’n uitstekend­e natuurlike insekweerd­er. Brou ’n sterk aftreksel van die blare en gebruik dit as spuitmidde­l teen plantluise en myte op huisplante; of plant dit as metgesel saam met tamaties, boontjies, murgpampoe­ntjies, eiervrug, kool en soetrissie­s om dié plae af te weer. Algemene probleme As die grond nie goed dreineer nie, sal daar swart kolle op die blare of blaarrande ontwikkel. Gebruike Die krakerige blare is baie geurig en kan vars in slaaie, souse, sop en pasta gebruik word. Voeg dit by jou badwater om moegheid te verlig, of drink dit in tee om spysverter­ing aan te help of stres en slapeloosh­eid te verlig. Drink twee tot drie koppies basilietee per dag om koors te verlaag, bakteriële infeksie te bestry of hoofpyne en migraines te verlig. Vryf vars blare aan jou vel om vlieë en muskiete te verdryf. KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za >>

 ??  ?? Basiliekru­id
Basiliekru­id

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa