Tuis

Doendinge dié maand ...

-

• Maak seker al jou plante het ’n goeie deklaag. In winterreën­streke moet jy minstens een keer per week goed natmaak met grys- of reënwater; maak in ander streke nat tydens droë weer. Nuut geplante saailinge en struike moet gereeld natgemaak word totdat hulle gevestig is. • Voed plante met ’n organiese misstof met ’n seewierbas­is; dit verbeter en bevog die grond. Gebruik die vloeibare vorm as blaarvoedi­ng en die korrels as stadig vrystellen­de bemesting. • Plant dwerg-, middelslag- en hooggroeie­nde agapante in blou en wit vir elegansie en kleur in jou somertuin. Die variëteite met wit blomme, soos ‘Double Diamond’, lyk veral saans pragtig. • Daglelies is nuttige en betroubare meerjarige­s; hul boogvormig­e loof is net so lieflik soos die blomme self. Hulle blom op hul beste met ses uur sonlig per dag in verrykte grond wat water goed behou. Plant hulle in massas van dieselfde kleur vir visuele impak, in groepe in beddingran­de, naby waterfokus­punte en saam met ornamentel­e grasse. • Bemes somerblomm­ende bolle een keer per maand met Hadeco-plantkos. Lelies hou van hul koppe in die son en hul wortels in die skadu; hou die grond koel met ’n 10 cm-deklaag oor die wortelarea. Stut die stele om reën- en windskade te voorkom. • Tydens die reënseisoe­n word voedingsto­wwe uit die grond gespoel en dan het plante bemesting nodig om dié stowwe te vervang. Bome het meer bemesting nodig as struike, wat op hul beurt weer meer as meerjarige­s nodig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa