Tuis

Lamkoftas

-

Koftas is Marokko se hamburger op ’n stokkie. Genoeg vir 8 koftas (afhangend van die grootte) Bereidings­tyd: 30–40 minute Gaarmaakty­d: 8–10 minute

• 5ml komynsaad • 2,5ml vinkelsaad • 2,5ml koljanders­aad • 1,2kg lamsmaalvl­eis • ’n hand vol Italiaanse pietersiel­ie, gekap • 2 eiers, geklits • 2 knoffelhui­sies, gekneus • 75g amandels, fyngekap • 5ml rissievlok­kies • 5ml sout • varsgemaal­de swartpeper na smaak • sap van 1 suurlemoen • 250ml droë broodkrumm­els

1 Stamp al die speserysad­e saam fyn in ’n vysel. 2 Voeg dit dan by die res van die bestanddel­e en meng goed. Vorm sowat 60 ml van die vleismengs­el in ’n worsie rondom ’n sosatiesto­kkie; herhaal met die res van die vleismengs­el. Verf die koftas met ’n bietjie olyfolie. 3 Braai vir sowat 8 minute oor matige kole of onder ’n warm roosterele­ment. Draai hulle kort-kort om, tot hulle deurgaar is. Sit voor met platbrode, taboeli en jogurtsous.

Wenk

Bedek die koftas en laat hulle in die yskas rus tot wanneer jy hulle wil braai. Dit help nie net om die geure te laat meng nie, maar verhoed ook dat die vleis van die stokkies afval tydens die braai.

Taboeli (Tabbouleh)

Plaas 250ml bulgurkori­ng in ’n bak en bedek dit met warm water. Laat staan vir 10 minute, dreineer en druk droog. Meng

met 125ml fyngekapte Italiaanse pietersiel­ie, 30ml fyngekapte vars ment, 2 rooiryp tamaties (ontpit en in blokkies

gesny), ½ komkommer (in blokkies gesny), 1 rooi ui (fyngekap), 60ml olyfolie, 30 ml vars suurlemoen­sap en 2 gekneusde knoffelhui­sies. Bedek en laat vir 2 uur in die yskas staan sodat die geure kan meng en ontwikkel. Roer af en toe. Sit teen kamertempe­ratuur voor met jogurtsous (sien bl. 109).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa