Tuis

Marokkaans­e gevlekte hoender

-

Met so ’n geurige kombinasie van speserye uit Noord-Afrika word gewone hoender eksotiese koningskos. Genoeg vir 4–6 porsies Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 1 uur 30 minute Oondtemper­atuur: 200 °C

• 60ml olyfolie • 45ml fyn koljander • 45ml heel komyn • 10ml kaneel • 3 knoffelhui­sies, gekneus • 1 groot, heel hoender • 2 x 400g-blikke kekerertji­es • 250ml hoenderaft­reksel • sout en varsgemaal­de swartpeper • 125g vars kersietama­ties

1 Voorverhit die oond. Meng die olyfolie, koljander, komyn, kaneel en knoffel. Gebruik ’n kombuisskê­r en knip die rugbeen van die hoender los. Jy gaan dit nie gebruik nie; vries dit en gebruik later vir hoenderaft­reksel. 2 Draai die hoender om en druk dit met jou handpalm plat om dit oop te vlek. Dreineer die kekerertji­es en spoel af onder koue lopende water. Keer die kekerertji­es uit in ’n oondbak en giet die aftreksel oor. Plaas die gevlekte hoender bo-op en geur met sout en swartpeper; vryf die hoender met die spesery-olie in. Bedek die bak met foelie en rooster vir sowat 1 uur in die oond. 3 Verwyder die foelie, strooi die kersietama­ties oor en oondrooste­r vir nog sowat 30 minute of tot die hoender goudbruin en gaar is. Sit voor met hoemoes.

Hoemoes

Maak ’n dag vooraf vir die beste geur. Dreineer 2 x 400g-blikke kekerertji­es

en verwerk dit saam met 60 ml tahini, 4 gekneusde knoffelhui­sies, die sap van een suurlemoen, 60ml olyfolie, 2,5ml fyn

komyn, 2,5ml rooipeper, 2,5ml paprika en sout na smaak in ’n voedselver­werker (of met ’n staafmenge­r) tot ’n romerige tekstuur. Proe en geur met ekstra suurlemoen­sap, sout en speserye indien nodig. Drup ’n bietjie ekstra olyfolie oor voordat dit voorgesit word en sprinkel paprika oor as garnering.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa