Tuis

Eiervrugsl­aai

-

’n Heerlike slaai met ’n intense geur omdat die rokerige, geroosterd­e eiervrug en speserye mekaar so goed aanvul. Genoeg vir 4–6 porsies Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 1kg heel eiervrugte • 90ml olyfolie • 3 knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny • 5ml koljanders­aad • 10ml komynsaad • 1–2 groot ryp tamaties, skilletjie­s afgetrek, gekap • 7,5ml paprika • 75ml gekapte vars Italiaanse pietersiel­ie • 90ml gekapte vars koljander • 7,5ml vars suurlemoen­sap • sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

1 Rooster die heel eiervrugte oor ’n gasvlam of oor die kole totdat die skil bros en gerooster en die vlees sag is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. 2 Sny dan die stingelent­e af en trek die skille af. Sny die eiervrug in blokkies. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die knoffel vir ’n paar sekondes daarin. Voeg die koljander- en komynsaad by en roer deur totdat die geure begin ontwikkel. 3 Voeg die eiervrug, tamatie, paprika, pietersiel­ie, die helfte van die koljander, en die suurlemoen­sap by. Roer deur en geur met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat 20 minute, maar roer af en toe. Die eiervrug is gereed sodra dit nie meer waterig is nie. Voeg die oorblywend­e koljander by en sit voor teen kamertempe­ratuur. >>

Marokkaans­e kos word met goeie bestanddel­e en eenvoudig berei,

maar dis gelaai met smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa