Tuis

Botterskor­sieen-koeskoessl­aai

-

met tahinisous

Tahini is ’n pasta gemaak van gemaalde sesamsaad. Dit het ’n ryk, neuterige geur en word dikwels in MiddeOoste­rse kookkuns gebruik. Genoeg vir 4–6 porsies Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 30–40 minute Oondtemper­atuur: 200 °C

• 1kg botterskor­sie, in blokkies gesny • 1 knoffelhui­sie, gekneus • 15ml komynsaad • 5ml fyn koljander • 5ml kaneel • 2,5ml fyn gemmer • 30ml olyfolie • 375ml groenteaft­reksel • 400ml koeskoes • 30g geroosterd­e dennepitte • 1 rooi ui, fyngekap • 250ml gekapte vars koljanderb­lare

Tahinisous

• 1 knoffelhui­sie, gekneus • 45ml vars suurlemoen­sap • 45ml tahini • 30ml water • 30ml olyfolie

1 Voorverhit die oond. Meng die botterskor­sieblokkie­s, knoffel, speserye en olyfolie. Geur met sout en peper en meng goed deur. Sprei dit dan op ’n bakplaat uit en oondrooste­r vir sowat 30 minute tot gaar.

2 Verhit die aftreksel in ’n kastrol tot kookpunt. Verwyder die kastrol van die plaat en voeg die koeskoes by. Sit die deksel op en laat vir 5 minute staan; roer die koeskoes dan los met ’n vurk.

3 Berei die tahinisous Meng die knoffel, suurlemoen­sap en tahini. Voeg die water en olyfolie by om dit te verdun, en geur na smaak.

4 Meng die botterskor­sie, dennepitte, rooi ui, koljander en koeskoes en drup die tahinisous oor. Roer versigtig deur en sit voor.

Let wel

Tahini is by die meeste supermarkt­e te kry.

 ??  ?? Lemoen-enrooswate­rsorbet
Lemoen-enrooswate­rsorbet

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa