Tuis

Ludwig se rooshoekie

-

Nuwe roos!

Die ‘Elize Cawood’-roos is so genoem ter ere van die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Elize Cawood se werk op die verhoog, op televisie en in rolprente. Dié ster van kykNet se dramareeks Pandjieswi­nkelstorie­s, talle gewilde sepies, asook ’n eenvrouver­hoogstuk oor Olive Schreiner, is self ’n kranige tuinier met ’n voorliefde vir wit rose – “want snags lyk dit of die rose gloei”. Die roos wat sy op Ludwig’s Rose Farm se proefplaas uitgekies het, is ’n elegante hibried-teeroos wat pêrelwit blomme met ’n titsel pienk in die middel dra op lang stele. Dis ’n ywerige groeier en kan skouerhoog­te bereik. V: Ek het die hoogstamro­os ‘Tempi Moderni’ in 2015 gekoop en nou dra dit vir die eerste keer ’n tros wit blomme tussen al die ander oranje rose. Is dit normaal?

Die tros wit blomme kom van die wortelstok waarop die ‘Tempi Moderni’ geënt is. Dis hoe die rose geslagte gelede gelyk het, maar dis nie wat ons vandag wil hê nie. Jy moet die steel uittrek, afbreek of afsny, anders groei dit te sterk en neem die hele struik oor. V: My roos se blare verkleur geel in die middel met groen om die rand. Is dit ’n siekte wat dit veroorsaak? Dis nie ’n siekte nie, maar gebeur wanneer die blare nie genoeg sonlig kry nie – dis gewoonlik die blare wat in die middel van ’n struik of in die skadu van ander stele groei. Dit kan ook gebeur wanneer ’n nuwe loot uit dieselfde ogie spruit en die ou blaar afgestoot word. gemeng met Chronos of Rose Protector teen swamsiekte­s en plae. Kaapse kusstreek Gebruik gryswater waar waterbeper­kings van krag is. Strooi deklae, maar moenie dooie knoppe uitbreek of afsny nie. As daar water is, snoei rose wat onnet lyk, maak twee keer ’n week nat en spuit met Ludwig’s Insect Spray teen plae. Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Soos met die ander twee streke hang roossorg af van hoeveel reën geval het. Rose kan oorleef met gryswater. Moenie dooie knoppe uitbreek of snoei nie, want dit moedig die plant aan om uit te loop. Sou daar genoeg reën val, kan jy groei aanmoedig met Vigorosa, en spuit om die beurt met Rose Protector en Chronos (gemeng met Ludwig’s Insect Spray) teen swamsiekte­s en plae.

 ??  ?? ‘Tempi Moderni’
‘Tempi Moderni’
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa