Tuis

Kos & drank vir die siel

Ons fokus op borrels, bak en blou keramiek.

- Deur Johané Neilson

’n Gesonde alternatie­f

Buiten sy heerlike geur is Extra Virgin Cape Canola Cold Pressed Canola Oil vol vitamien E, antioksida­nte en Omega 3, 6 en 9 – en jy kan dit teen ’n hoë temperatuu­r gebruik sonder dat dit sy gesonde eienskappe prysgee. Dis beskikbaar by Food Lover’s Market en Pick n Pay in die Wes-Kaap en sal binnekort landwyd op die rakke wees; sien capecanola.com. Klink ’n glasie Die L’Ormarins Brut Classique Rosé NV lewer verfrissen­de borrels en delikate bessiegeur­e. Dis beskikbaar by rupertwine­s.com teen R120 per bottel, of by uitgesoekt­e spesialisw­ynwinkels landwyd. Dié pienk plesier is net die ding vir ’n partytjie! ’n Bietjie kultuur Morgenster Vespri Vermentino 2017 (R120 by die kelder) is ’n ligte witwyn wat van die Italiaanse druifkulti­var vermentino gemaak word. Dis een van die wyne in Giulio Bertrand, Morgenster-eienaar, se Italian Collection, wat almal na bekende operas genoem is. Die Vespri is vir Verdi se I vespri siciliani en dis heerlik saam met seekos! Besoek morgenster.co.za.

Onskuldige plesier!

Hou jy van The Duchess Virgin Gin & Tonic? Probeer The Duchess Floral (R72 vir vier, theduchess.co.za). Dis suiker- en alkoholvry met die kenmerkend­e geure van jenewer en tonikum, asook blomekstra­kte, sitrusbloe­isels, sleutelblo­mme en inheemse heuningbos.

Al ons gunsteling­e Die keramiekku­nstenaar Ian Engelmohr van Patat Ontwerp beeld ikoniese plaaslike handelsmer­ke soos All Gold-tamatiesou­s en Lucky Star-sardyne op sy reeks Bloudruk-borde uit. Pryse begin by R350. E-pos patatengel@gmail.com om te bestel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa