Tuis

’n Vars briesie

-

Tydens die 10 maande lange opknap is heelparty binnemure uitgebreek, vertrekke het nuwe nut gekry en ’n nuwe, L-vormige vleuel is aangebou by die deel wat suid front.

Binne is die bestaande deure verhoog en vensters vergroot of verskuif om meer lig in te laat. In ooreenstem­ming met die huis se herkoms is die houtvloere eenvoudig geskuur en verseël.

Nadat die groot opknapwerk en afwerking gedoen is, kon Cara wegspring met die versiering. “Ek sou sê ons dekorstyl is eklekties,” verduideli­k sy. “Maar ek is dol oor die voorkoms, ontwerp en dekor van huise uit die middel van die vorige eeu; daarom kom die meeste van my meubels uit daardie era of het dit ’n soortgelyk­e styl. Dit herinner my aan ’n tyd toe dinge eenvoudige­r was ...”

Cara verander graag aan haar dekor soos wat neigings verander. “Op die oomblik gebruik ek ’n verskeiden­heid skakerings van blou en groen, asook blospienk en weelderige materiaal,” sê sy. “Maar ek kan rooi nie uitstaan nie, so ek hoop nie dit gaan gou weer gewild raak nie!”

Elke paar maande sal sy nuwe of tweedehand­se strooikuss­ings en matte inbring; en omdat dit haar besigheid is, gebruik sy ook gereeld plakpapier om vertrekke op te kikker. “Die rusbank in my sitkamer is byvoorbeel­d omtrent 100 jaar oud, maar die ruimte waar dit staan, het in die afgelope drie jaar al so baie verander.”

Al het Cara ’n slag met “vertrekke mooimaak”, bieg sy dat sy nie so gesout is met selfdoenpr­ojekte nie. “Ek wens eintlik ek was handiger, en dat ek die tyd gehad het om ’n bietjie te timmer! Omdat ek in die week taamlik hard werk, herlaai ek naweke my batterye en bring tyd in die natuur deur – dan voel dit baiekeer soos werk as ek die slag iets kreatiefs wil doen. Maar ek sal af en toe by ’n vintage-mark gaan inloer en iets probeer afskuur of verf – met gemengde resultate!” sê sy en lag. >>

 ??  ?? Die kombuis se moderne elemente – houtkaste in ’n subtiele mentgroen, wit metroteëls en ’n stylvolle Stucco Italiano-sementvloe­r in die kleur Glacier met ’n laeglans-verseëlaar – kontrastee­r pragtig met die aardse houttafel en -stoele wat hulle saam...
Die kombuis se moderne elemente – houtkaste in ’n subtiele mentgroen, wit metroteëls en ’n stylvolle Stucco Italiano-sementvloe­r in die kleur Glacier met ’n laeglans-verseëlaar – kontrastee­r pragtig met die aardse houttafel en -stoele wat hulle saam...
 ??  ?? Nadat die plafonpane­le uitgehaal is, was Cara so beïndruk met die dakkappe dat sy besluit het om dit net so oop te hou.
Nadat die plafonpane­le uitgehaal is, was Cara so beïndruk met die dakkappe dat sy besluit het om dit net so oop te hou.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa